Bron: Evangelical Focus

Bykans 64% Duitse jongmense onder 30 sê dat hulle in God glo, tot 84% van die jeug het al gebid en twee derdes van hulle dink dat God die gebede verhoor, berig Evangelical Focus.

Denominasie

Die grootskaalse opname wat in die Duitse koerant, Bild, gepubliseer is, berig verder dat 48% van alle Duitsers sê dat hulle glo teenoor 42% wat nie in God glo nie. ’n Kwart van die tweede groep is nie so seker dat God nie bestaan ​​nie.

Tot 90% van die lede van die Evangeliese Vrye Kerke in Duitsland sê dat hulle seker is dat God bestaan. Driekwart van die Rooms-Katolieke is seker daarvan en 64% van die Evangelies-Lutherse kerke se lidmate is seker in die bestaan ​​van God.

n Soortgelyke verdeling kan gesien word met betrekking tot die verhoor van gebede: 73% van die Evangeliese Vrye Kerke, 65% van die Rooms-Katolieke en 49% van die Evangelies-Lutherse Kerke glo dat hulle gebede deur God verhoor word.

Hiernamaals

Een en sestig persent van jongmense glo in ’n hiernamaals. Vir Duitsers ouer as 60 geld dit slegs vir 23%. Op die vraag of Jesus uit die dood opgestaan ​​het, het 28% van die Duitsers wat ondervra is, bevestigend geantwoord.

“Die jonger geslag wat nie kerk toe gaan nie, glo dikwels steeds in God, selfs meer as die ouer geslag wat lede van ’n kerk is,” was die gevolgtrekking waartoe die direkteur van die navorsingsfirma gekom het. “Geloof en kerkbywoning gaan nie altyd meer hand aan hand nie.”

Wat die navorsing egter ook beklemtoon, is dat daar ’n verskil tussen godsdienstigheid en ware geloof is. Om kerk by te woon en aan godsdiensrituele deel te neem, beteken nie noodwendig dat daar ’n opregte, Geesvervulde lewe in Christus is nie. Om kerk toe te gaan en nie te glo dat
Jesus Christus uit die dood opgestaan het nie, is vormgodsdiens ontneem van alle geestelike lewenskragtigheid en ware redding.


29 April 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.