-deur Donnely McCleland en Gigi Kotze | INcontext Ministries

6 November 2019

Op Saterdag 2 November het die vreugdesvure in Suid-Afrika hoog gebrand ná die Rugby Wêreldbeker-oorwinning in Japan. “Ons kan enigiets bereik as ons saamwerk,” het Suid-Afrika se kaptein, Siya Kolisi, na afloop van die wedstryd gesê. Suid-Afrika se president, Cyril Ramaphosa, (wat Japan toe gevlieg het om die span te ondersteun) het ’n soortgelyke boodskap gegee: “In ’n tyd waarin Suid-Afrika ernstige uitdagings in die gesig staar, het ons saamgestaan tydens die oorwinning in Japan … Ons word ook verenig deur ’n gedeelde begeerte vir ’n land waar almal in vrede en gemak kan saamleef, waar almal ’n gelyke kans het om hul potensiaal te bereik.” Hy het Suid-Afrikaners verder aangemoedig om méér te doen en het ’n beroep op geloofsleiers, tradisionele instellings, politieke partye, kulturele organisasies, sportorganisasies en sake-instansies gedoen om almal saam te werk om ’n meer inklusiewe en samehorige samelewing te bevorder.

Slegs drie dae vantevore (Woensdag 30 Oktober) is ’n groep buitelandse burgers en vlugtelinge volgens ’n hofbevel buite die kantoor van die VN-vlugtelingagentskap (VNHKV) in Kaapstad gewelddadig deur die polisie verwyder. Die groep mense het ongeveer drie weke lank buite die kantoor uitkamp. Hulle het hulp gevra om Suid-Afrika te verlaat – waar hulle nie meer veilig voel nie – ná onlangse haataanvalle op buitelanders.

Honderde buitelandse burgers word tans deur die Central Methodist Church in Kaapstad gehuisves, nadat hulle uit die Waldorf-arkade, waar hulle betoog het, gesit is.

Die VN-vlugtelingagentskap het die betogende buitelanders versoek om na hul huise in Suid-Afrika terug te keer, aangesien hervestiging ’n uiters ingewikkelde proses is. Die VNHKV het gesê dat hulle sedert die begin van die betogings met die vlugtelinge en asielsoekers in gesprek was en hulle aangemoedig het om deel te neem aan ’n konstruktiewe dialoog om hul griewe te hanteer en ’n vreedsame oplossing vir die situasie te vind.

Bid asseblief saam met ons vir Suid-Afrika, dat pogings om hierdie pragtige en diverse nasie te verenig, diep en blywend sal wees.

“Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.” (Hebreërs 10:24)

Om die ‘Bid vir die Nasies’ PowerPoint af te laai, klik asseblief HIER, of op die foto hieronder.
Vir vorige gebedshulpbronne, besoek ons webwerf HIER.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.