Bron: Artikel verskaf

Angus Buchan is diep geraak nadat hy ‘n brief van ‘n inwoner van Mogale City (Krugersdorp) ontvang het wat vra of hy dit sou oorweeg om ‘n gebedsbyeenkoms in Mogale City te hou.

Die inwoner en baie ander lede van die gemeenskap is desperaat vir ‘n beweging van God in hulle dorp – wat in ‘n dokumentêre reeks oor die dorp as “Devilsdorp”  bestempel is. Die gebied gaan gebuk onder werkloosheid, skokkende vlakke van armoede, misdaad, dwelms, alkoholisme, satanisme en absolute wanhoop.  Oom Angus het foto’s ontvang van gemeenskappe wat in tente woon, verwaarloosde kinders wat ondanks die koue min klere aan het. Die desperaatheid en hopeloosheid is tasbaar.

Oom Angus het opreg kwaad gevoel oor wat die duiwel in hierdie gemeenskap gedoen het, en het ingestem om ‘n gebedsbyeenkoms in Mogale City te hou. JESUS ​​moet oor daardie dorp en area verklaar word; ons weet dat in die naam van JESUS, die vyand sal vlug.

Daar is besluit op Saterdag 24 September. ‘n Span van Shalom Ministries is in nou samewerking met ’n span van Mogale City. Ons het gesien hoe Jesus dit moontlik gemaak het  om ‘n terrein te bekom wat volmaak geskik is om die gebedsbyeenkoms by aan te bied. Wonderwerke gebeur reeds en al hoe meer mense kom aan boord om betrokke te raak en hierdie geleentheid te ondersteun.

“Ons sal nie net vir Mogale City bid nie, maar vir al die mense in ons geliefde Suid-Afrika. Dit is dalk die einste vlammetjie wat ‘n vurige HERLEWING deur ons land kan aansteek. Dit is net Jesus wat Suid-Afrika kan red. Ons sal JESUS ​​VERKLAAR ( SPEAK JESUS) oor ons land, oor ons mense, oor ons regering, oor die siekes, die wat aan depressie ly, oor die werkloses. Ons sal JESUS ​​VERKLAAR oor verslawings, oor armoede, oor korrupsie en oor elke okkultiese vesting. Ons glo dat dit net Jesus is wat genesing, verandering en hoop vir ons land sal bring. Daarom noem ons hierdie gebeurtenis: SPEAK JESUS”.

Kom bid asseblief saam met ons. Moedig jou familie en vriende, jou kerk, jou skool –  mense oud en jonk aan om hulle by ons aan te sluit en saam te glo dat NIKS vir Jesus onmoontlik is nie. Die tyd het aangebreek dat die liggaam van Christus byeenkom en in geloof verenig, ons is te lank van mekaar geskei. Nooit weer wil ons hoor dat daar na ‘n dorp verwys word as Devilsdorp nie. 1 Johannes 4:4 sê vir ons dat  Hy wat in ons is, groter is as Hy wat in die wêreld is. Ons hoef niks te vrees nie, want ons het Jesus wat vir ons veg. Al wat ons hoef te doen is om te bid. Soos die ou spreekwoord sê: When men work, they work; but when men pray, God works.

Die geleentheid is GRATIS – geen kaartjies sal verkoop word nie.

Daar sal baie parkeerplek wees – moet asseblief nie met ‘n leë motor kom nie. Maak dit vol met ander gelowiges en diegene wat Jesus nie ken nie. Kom ons vertrou Jesus saam vir HERLEWING in Suid-Afrika.’

Hoe kan jy betrokke raak?

Bid asseblief saam met ons, soos 1 Tessalonisense 5:17 sê – Ons moet sonder ophou bid. Bid vir die vergadering, bid vir Mogale City, bid vir die regering, bid vir Suid-Afrika, bid vir jou naaste wat Jesus nie ken nie, bid vir jou geliefdes. BID.

Ons sien uit daarna om jou by Mogale City 24 September te sien.

Kry asseblief al die nodige inligting oor die geleentheid, insluitend die plek en tye, op ons webwerf: www.angusbuchan.co.za

Alle nuwe inligting sal op die webwerf geplaas word, of jy kan ons op Facebook en Instagram volg.


8 Augustus 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org