-deur Donnelly McCleland | INcontext International

Bron: incontextinternational.org

25 Junie 2020

INTER-KOREAANSE VERHOUDINGS VERSUUR
Die verhouding tussen Noord- en Suid-Korea is op Dinsdag 16 Junie verder versuur ná ’n skakelkantoor wat gesamentlik bestuur word, gesloop is.

Volgens ’n bron van Associated Press het Noord-Korea ’n verklaring uitgereik en gesê: “Alle hoop op vrede op die Koreaanse skiereiland is verswelg deur ’n donker nagmerrie.”

Konflik vlam weer op
Die jongste stryd tussen die twee  Koreas het opgevlam nadat die Suide anti-Noord-Koreaanse propagandapamflette met ballonne oor die grens gestuur het. Noord-Korea het op sy beurt gedreig om wraak te neem deur middel van sy eie pamflette.

Ooreenkoms verbreek
Met hierdie dispuut oortree al twee  Koreas ’n ooreenkoms wat in 2018 onderteken is. Volgens die ooreenkoms het beide partye ooreengekom om alle vyandige optrede teenoor mekaar te staak – insluitend sielkundige oorlogvoering soos die verspreiding van propaganda.

Spanning tussen die twee lande laai op
Suid-Korea het die Noorde aangeraai om van sy plan af te sien, om ter vergelding ballonne te stuur en gesê dat die land se militêre reaksie sal afhang van die metode wat die Noorde gebruik om die pamflette oor die grens te stuur.

Sedert die skakelkantoor gesloop is, is troepe van Noord-Korea na die terrein gestuur om aan sy kant weer wagposte op te rig en militêre oefeninge op die voorste linies te hervat. Die Suid-Koreaanse minister van verdediging het gesê Suid-Korea sal “onmiddellik, vinnig en ooreenstemmende stappe” op enige Noord-Koreaanse provokasie reageer.

Vanuit ’n Christelike perspektief
Die versuurde inter-Koreaanse verhoudings het in ’n kort tydjie al die vordering wat oor die afgelope paar jaar gemaak is om vrede te bewerkstellig, ongedaan gemaak.

Baie mense het Suid-Korea se pres. Moon Jae-in en die Amerikaanse president, Donald Trump, se vergaderings met die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, as moedige stappe beskou om vrede te bewerkstellig.

Ware vrede verg egter voortdurend werk; iets wat by die inter-Koreaanse betrekkinge ontbreek. Eerder as om voort te gaan en voort te bou op wat reeds bereik is, het al twee  Koreas teruggeval in die ou kringloop van vyandigheid. As daar enige hoop op blywende vrede in Korea is, sal elke kant ’n daadwerklike poging moet aanwend tot oop kommunikasie en versoening.

Volhoubare, Bybelse vrede is ’n proses en sal nie bereik word deur enkele vergaderings of wapenstilstandooreenkomste nie. Alles is nie verlore nie, maar ’n beslissende stap is nodig om ’n vreedsame uitkoms te bevorder.

Bid saam met ons vir die volgende:

  • Bid dat die Here leiers wat die vredesproses verder kan voer, sal oprig;
  • dat harte aan weerskante van die grens sal versag en die lande weer sinvolle samesprekings sal voer; en
  • dat die Koreaanse Kerk nie moed sal verloor nie, maar sal volhard.

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.