Deur Gigi Kotze en Donnelly McCleland | INcontext Ministries International

Bron: Artikel verskaf

18 September 2019

In die vroeë oggendure van Saterdag 14 September is Saoedi-Arabië se olieproduksie na bewering gehalveer nadat twee groot olie-raffinaderye in Saoedi oënskynlik deur onbemande hommeltuigaanvalle aan die brand gesteek is. Geen ongevalle is aangemeld nie, maar die produksiestilstand beloop ’n verlies van ongeveer vyf miljoen vate per dag of 5% van die wêreld se daaglikse produksie van ru-olie. Die uitwerking is onmiddellik gevoel toe oliepryse die hoogste vlak in ses maande bereik het.

Die aanvalle het spanning tussen Amerika en Iran verhoog, aangesien die Amerikaanse minister van buitelandse sake Iran van die aanvalle beskuldig het en Iran die aantygings ontken het.

Jemen se Houthi-rebellegroep (wat vermoedelik deur Iran ondersteun word in hul stryd teen Saoedi-Arabië), het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar en gesê dat hulle hommeltuie gebruik het om die olie-raffinaderye aan die brand te steek.

Saoedi- sowel as Amerikaanse amptenare het dié weergawe betwyfel en gesê bewyse dui daarop dat die aanval vanuit Iran geloods is. Pres. Donald Trump het gesê Amerika is “locked and loaded” vir ’n moontlike reaksie op die aanval.

Volgens Joshua Project is Saoedi-Arabië die tuiste van ongeveer 34 miljoen mense, waarvan ongeveer 31 miljoen ‘onbereik’ is. Ondanks die feit dat daar ’n groot buitelandse gemeenskap van verskillende gelowe is (meer as 30% van die bevolking), word die meeste vorme van openbare geloofsuitdrukking wat strydig is met die regering se goedgekeurde interpretasie van Soenni-Islam, hewig beperk. Mense wat nie Moslems is nie mag nie Saoedi-burgerskap hê nie en ander gelowe word nie toegelaat om plekke van aanbidding te hê nie.

Bid asseblief saam met ons vir Saoedi-Arabië en die streek.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.