Deur: Evangelical Focus
Bron: evangelicalfocus.com

Die politieke oorgang in Soedan, ná die val van Omar al Bashir, gaan voort om die regte en vryhede wat tydens die diktatuur verlore gegaan het, te herstel.

Die regering het in Julie aangekondig dat die doodstraf vir die misdaad van afvalligheid afgeskaf word. Nou is aangekondig dat Islam as staatsgodsdiens verwyder is. Die besluit is tydens die vredesonderhandelinge tussen die regering en die rebellegroepe bekend gemaak.

Die ooreenkoms het twee fases gehad. Die eerste is op 31 Augustus in Juba, die hoofstad van Suid-Soedan, tussen die visepresident van die Soewereine Raad van Soedan – die tussentydse regering – Mohamed Hamdan Dagalo, en verteenwoordigers van die Soedan Revolusionêre Front, ’n alliansie van 17 gewapende groepe uit die Darfoer- en Suid-Kordofan-streek.

Volgens die terme wat in die Juba-dokument vervat is, sal daar ’n kommissie vir godsdiensvryheid geskep word. Die kommissie sal die regte van Christen-gemeenskappe in die suidelike streke van Soedan waarborg.

Sommige rebellefaksies was egter nie by die ondertekening teenwoordig nie. Daarom moes die Soedanse premier, Abdullah Hamdok, in Addis Abeba ’n nuwe, afsonderlike ooreenkoms saam met die leier van die Sudan People’s Liberation Movement-North (SPLM-N), Abdelaziz al Hilu, onderteken.

Hierdie tweede dokument het die afskaffing van Islam as die amptelike godsdiens van Soedan ingesluit; dit is ’n maatreël wat 30 jaar gelede deur al Bashir ingestel is.

“Vir Soedan om ’n demokratiese land te word waar die regte van alle burgers verskans is, moet die grondwet op die beginsel van “skeiding van godsdiens en staat” gegrond wees. In die afwesigheid daarvan moet die reg op selfbeskikking gerespekteer word,” lui die dokument.

Dit voeg by dat “vryheid van geloof en aanbidding en godsdiensbeoefening ten volle vir alle Soendanse burgers gewaarborg sal word. Die staat sal nie ’n amptelike godsdiens instel nie. Daar mag teen geen burger gediskrimineer word op grond van hul godsdiens nie.”

Soedanse godsdiensleiers is ook tevrede met die ooreenkoms. “Die mense hier is maar versigtig, maar die vredesooreenkoms oorspan ’n groot deel van Soedan en dit is baie belangrik dat daar uiteindelik ’n ooreenkoms bereik is. Ons is almal baie tevrede,” het Tombe Trille, die biskop van El Obeid, die hoofstad van die noorde van Kordofan, beklemtoon.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


Foto: Die premier van Soedan, Abdullah Hamdok en die president van Suid-Soedan, Salva Kiir, (links), ná die ondertekening van die ooreenkoms wat die amptelike status van die Islamitiese godsdiens beëindig. / Twitter Memri Spanish.

14 September 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.