Deur: Errol Naidoo
Bron: familypolicyinstitute.com

Smart Choices , die waardegebaseerde leerplan vir seksualiteitsvoorligting asook sy uitstekende aanvullende programme, No Apologies, , Not Guilty en Tomorrow’s Leaders in Training is op 17 November 2020 met ’n landswye digitale bemarkingsveldtog bekendgestel.

Die Smart Choices-pakket met gepaardgaande waardegebaseerde programme vir seksualiteitsvoorligting dien as ’n veilige, geloofwaardige en agendavrye alternatief vir die skadelike seksuele indoktrinasie wat ingebed is in Comprehensive Sexuality Education (CSE) – ’n program wat deur radikale buitelandse aktiviste vir seksuele regte ontwikkel is.

Onderhoude met die skrywers van die waardegebaseerde programme is vandeesweek op Salt & Light op TBN In Africa uitgesaai en sal op Saterdag 21 November om 17:30 herhaal word. Die program sal op Donderdag 19 November om 14:00 ook weer uitgesaai word op Watchmen on the Wall op die Faith Channel. Skakel asseblief in om na hierdie insiggewende programme te kyk.

Ons het jou hulp nodig om ouers en onderwysers oral in Suid-Afrika te bereik met die hoop wat Smart Choices bied.

Deel asseblief hierdie video wyd en syd op sosiale media. Dit verduidelik die probleem met CSE en die oplossing van Smart Choices bied, asook wat jy kan doen om Suid-Afrika se weerlose kinders te help beskerm.

Die video word ondersteun deur die Aanlyn brosjure waarin die voordele van die waardegebaseerde programme en die gesondheids-  en karakterbouende benadering tot seksualiteitsopvoeding uiteengesit word. Dit rus kinders doeltreffend toe met die waardes en vaardighede wat hulle nodig het om deur die gevaarlike mynveld van teenstrydige seksuele waninligting – wat so algemeen in ons kultuur voorkom – te navigeer.

Lees asseblief die artikel wat ek oor die ernstige bedreiging van CSE geskryf het en hoe Smart Choices dit neutraliseer.

Die ernstige gevolge van seksuele indoktrinasie van CSE vir die gesin en ouerlike gesag kan nie onderskat word nie. Daarom doen ek ’n beroep op jou hulp. Hierdie aanslag is gerig op die kwesbaarste lede van die samelewing – ons kinders! Ons moet saamstaan in gebed en in daad om dit die hoof te bied!

Ons het ’n reeks informatiewe video’s en grafieke om die publiek in te lig oor die bedreiging van CSE en die oplossings wat Smart Choices aan kinders bied. Die digitale bemarkingsveldtog duur tot 2021 om die Suid-Afrikaanse publiek betroubaar op hoogte te hou.

Die video’s, brosjures en ander bemarkingsmateriaal sal via sosiale media soos Facebook, YouTube, Twitter, Instagram, Whatsapp, ens. versprei word – deur betaalde advertensies – om te verseker dat ons ons teikengroepe bereik. Ons hoop ook om op televisie te adverteer, afhangende van die befondsing van die veldtog.

Alles moet in die stryd gewerp word om te voorkom dat radikale buitelandse seksuele regte Suid-Afrikaanse skoolkinders met die aborsie- en LGBTQ-propaganda te indoktrineer.

Die departement van basiese onderwys (DBO) bestee miljoene om die gevaarlike leuen aan die publiek te verkoop. Hulle het bekendes betaal om as “handelsmerkambassadeurs” vir CSE op te tree.

Ons kan nie met hul begrotings van meer as ’n miljoen dollar meeding nie. Ons het jou ondersteuning nodig om ons te help sodat ons hulle die stryd kan aansê.

Oorweeg asseblief ’n belastingaftrekbare skenking aan Family Policy institute (FPI) sodat ons die waardegebaseerde programme van Smart Choices aan ouers, onderwysers en kinders oral in Suid-Afrika kan bemark en die gevaarlike buitelandsgedrewe CSE-agenda verslaan.

Ons het jou gebede, deelname en vennootskap broodnodig in hierdie kritieke stryd om kinders teen skadelike seksuele indoktrinasie te beskerm.

Dit is hoe u met ons kan saamwerk in hierdie belangrike inisiatief:

1: Ondersteun asseblief hierdie kritieke veldtog deur te bid vir die sukses daarvan.

2: Deel asseblief die video’s en aalyn brosjure op sosiale media.

3: Skenk asseblief ruimhartig  om die digitale bemarkingsveldtog te ondersteun.

Jou gebede, deelname en vennootskap kan die verskil maak.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


18 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.