-deur Errol Naidoo

Bron: Artikel verskaf familypolicyinstitute.com

11 September 2019

Die Family Policy Institute (FPI) het in samewerking met Family Watch International (FWI) op 10 September 2019 die “Protect Children South Africa Coalition” (PCSAC) van stapel gestuur om ‘n burgerlike samelewing-koalisie op te bou wat aktief sal werk om kwesbare kinders teen staatsgedrewe seksuele indoktrinasie te beskerm.

FPI & FWI het ’n aanlynbrief opgestel wat aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, gerig is. Dit is ook aan ander relevante regeringsdepartemente en lede van die parlement gerig. In die brief word sewe kritieke redes uiteengesit waarom Omvattende Seksvoorligting-kurrikulum, “Comprehensive Sexuality Education” (CSE), nie in 2020 in Suid-Afrika se openbare skole geïmplementeer moet word nie,

CSE

Ons beoog om deur PCSAC ’n breë alliansie tussen godsdiens- en burgerlike groepe op te bou. Christen-denominasies, kerknetwerke, groepe van ouers, mediese en sake-organisasies asook onderwysersgroepe kan as lede van die“Protect Children SA Coalition” inteken deur die aanlynbrief te onderteken wat binnekort aan die departement van basiese onderwys gestuur sal word.

Ons doen ook ’n ernstige beroep op individuele burgers om dringend die aanlynbrief te onderteken om die oorweldigende teenkanting teen CSE in Suid-Afrika te demonstreer. Die meeste burgers wat oor CSE ingelig is, is geskok dat die departement van basiese onderwys blatante seksuele indoktrinasie in die openbare skole wil implementeer wat duidelik deur die wêreldwye aktiviste vir seksuele regte beïnvloed is.

ONS HET DRINGEND U HULP NODIG! STUUR ASSEBLIEF HIERDIE E-POS EN DIE AANLYNBRIEF AAN JOU FAMILIE, VRIENDE, KERKLEDE, KOLLEGAS, ENS. EN DRING DAAROP AAN DAT HULLE DIT OOK ONDERTEKEN!

Suid-Afrika se skoolkinders staar die ernstige bedreiging van skadelike seksuele indoktrinasie in die gesig wat onder die dekmantel van “seksvoorligting” deur groepe soos “International Planned Parenthood Federation” (IPPF) – die grootste verskaffer van aborsies in Amerika – voorgestaan word.

Family Policy Institute

CSE is deur IPPF en die seksuele regte-beweging bedink om ouerlike gesag te omseil en kinders met seksuele inhoud wat onvanpas is, te indoktrineer.

FPI het op 14 Augustus ‘n brief aan die minister van basiese onderwys gestuur wat ook deur sewe belangrike Christen-denominasies onderteken is. In die brief is ons diepe kommer uitgespreek oor die beoogde implementering van CSE in Suid-Afrika. Ons het verder ’n vergadering met die minister aangevra om geldige probleme oor die inhoud van hierdie omstrede program te bespreek. Hoewel die privaat sekretaris van die minister ontvangs van die brief erken het en ondanks verskeie verdere pogings van ons kant af, het me Motshekga tot dusver geweier om op die openbare kommer te reageer.

Daarbenewens het ek op 29 Augustus ’n brief aan die departement van basiese onderwys gestuur waarin ek my kommer oor die voorgestelde implementering van CSE uitspreek en vir duidelikheid oor die program en die inhoud daarvan gevra het. Hierdie keer het die departement die brief bloot geïgnoreer, ondanks verskeie pogings om ’n antwoord te kry.

Dit lyk asof die implementering van CSE in skole in Suid-Afrika doelbewus in geheimhouding gehul word. Die feit dat die regering weier om inligting te verskaf oor uiters omstrede materiaal wat in ‘n program vervat is, wat deur buitelandse groepe bedink is en Suid-Afrikaanse kinders oor seks, geslagsidentiteit en waardes leer, is skandalig!

Kerke, godsdiensorganisasies, groepe uit die burgerlike samelewing, ouernetwerke, mediese en sake-organisasies en individuele burgers moet nou hulle stem dik maak om die waardigheid en onskuld van kinders te beskerm en die regte van ouers te beskerm om die standaard van hul kinders se opvoeding te bepaal.

Onderteken asseblief die aanlynbrief vandag deur u organisasie se naam, u naam by die “Protect Children SA Coalition” te voeg. Ons sal die aanlynbrief aan die regering aflewer — hopelik met miljoene handtekeninge ingesluit – en daarop aandring dat die regering CSE in Suid-Afrika afskaf!

Die gesondheid en onskuld van skoolkinders in Suid-Afrika hang daarvan af dat u vandag volgens u oortuigings optree. Onderteken die petisie nou om die fundamentele regte van ouers te verdedig en om kinders teen vernietigende seksuele indoktrinasie deur die staat te help beskerm.

Ons het baie min tyd oor om hierdie aanslag op kinders te stop! Stuur asseblief hierdie e-pos aan almal op u databasis en versoek hulle om hul name by die “Protect Children South Africa Coalition” te voeg deur vandag die aanlynbrief te onderteken!


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.