Deur Michael Swain
Bron: www.forsa.org.za

Die minister van binnelandse sake het die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie (SARHK) die taak opgelê om die moontlikheid te ondersoek van ’n enkele huwelikswet wat al die verskillende soorte huwelike in Suid-Afrika sal reguleer. Die SARHK het nou ’n besprekingsdokument uitgereik wat twee voorgestelde wetsontwerpe bevat (hulle is feitlik dieselfde, die enigste verskil is die name van die wetsontwerpe).

Vanuit die oogpunt van godsdiensvryheid is Freedom of Religion South Africa (FOR SA) bekommerd dat die SARHK se wetsontwerpe in teenstelling met die huidige huwelikswet nie ’n klousule insluit wat die reg van godsdienstige huweliksbeamptes verskans, om te weier om huwelike te beëdig wat teen hulle godsdiensoortuigings indruis nie (’n gewetensbeswaarklousule). Gevolglik kan godsdienstige huweliksbeamptes potensieel volgens wet moontlik gedwing word om huwelike in weerwil van hulle persoonlik geloofsoortuigings en gewete te beëdig.

Die SARHK se besprekingsdokument is oop vir openbare kommentaar. FOR SA moedig alle kerke en godsdiens instellings, alle godsdienstige huweliksbeamptes aan om kommentaar op die besprekingsdokument en sy konsepwetsontwerpe in te dien.

[Onthou, dit is waar jy jou stem as burgerlike in ’n demokrasie kan laat hoor. As daar geen of min stemme vanuit die Christelike kringe kom, sal die stem en wêreldbeskouing van ongelowiges die wette van ons land bepaal. Aktiviste met ’n onchristelike wêreldbeskouing is vurig oor hulle agenda en maak seker dat die regering hulle stem hoor. Wat van joune as Christen?]

Klik hier om ’n voorbeeld van so ’n voorlegging wat jy kan gebruik af te laai. Jy kan dit net so gebruik om jou te help met punte vir ’n voorlegging wat jy met aanvullende kommentaar of ’n alternatiewe fokus kan skryf.

Die voorleggings moenie later as 17 Mei 2021 (die sperdatum vir inlewering) aan mnr. Pierre van Wyk gestuur word nie. pvanwyk@justice.gov.za .

Oorweeg dit ook om hier te klik forsa.org.za/donate/ om hande te vat met FOR SA en ’n skenking te maak, want ons is 100% afhanklik van vrywillige bydraes om met ons belangrike werk te kan voortgaan om die reg tot godsdiensvryheid te beskerm en te bevorder.


4 Mei 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.