Bron: churchinneed.org

Cabo Delgado, die noordelikste provinsie van Mosambiek, gaan deur ’n lewende hel. Sedert Oktober 2017 het die streek ’n reeks van meer as 600 wrede aanvalle deur gewapende ekstremiste beleef. Die vegters beweer dat hulle lojaal aan die Islamitiese Staat (IS) is.

Daar word geskat dat meer as 2 000 mense reeds om die lewe gebring is. Minstens 310 000 mense is gedwing om te vlug. Aid to the Church in Need (ACN) het met die biskop van Pemba en suster Blanca gesels oor die geweld in hierdie streek.

Die mees onlangse slagtings deur die groep wat hulself “Islamitiese Staat in Sentraal-Afrika” (ISCA) noem, kom nou aan die lig. Volgens plaaslike bronne het die vermeende djihadiste verlede Sondag die stad Muidumbe aangeval en tientalle mense in ‘n plaaslike sokkerstadion onthoof en in stukke gekap.

Daar is ook berigte oor die slagting van meer as 15 kinders en jeugdiges, saam met volwasse begeleiders wat hulle voorberei op die tradisionele inisiasie-rituele van die Makonde-stam.

“Dit blyk dat hulle probeer om die hele bevolking van die noordelike deel van die provinsie Cabo Delgado te verdryf, ” het suster Blanca Nubia Zapata aan Aid to the Church in Need (ACN) gesê.

“Meer as 12 000 mense het die afgelope twee weke hier in Pemba, die hoofstad van die provinsie, aangekom. Ons kan nie byhou nie. Daar kom vroue, kinders en ouer mense aan wat reeds dae lank loop. Ander is op pad hierheen oorlede. Volgens die suster is die mense doodbang. “Baie het ons om hulp genader.”

Ongeveer ’n week gelede het biskop Luiz Fernández Lisboa van die bisdom Pemba in ’n video van Caritas Mosambique aan ACN die situasie in Paquitequete, ’n voorstad van die hoofstad, aan die kus beskryf: “Ongeveer 10 000 vlugtelinge het reeds aangekom en hulle kom steeds aan. Sommige het onder die aanvalle gely, ander het vooraf gevlug omdat hulle bang is As hulle hier aankom, het hulle nie slaapplek nie, net komberse of tydelike skuilings, en daar is nog geen plek om hulle te akkommodeer nie. Sommige mense het familielede hier of word deur vreemdelinge ingeneem omdat mense ontroer word deur die vlugtelinge se desperate situasie. Honderde mense slaap op die strand. Dit is ’n desperate situasie waarvoor ons die hulp en solidariteit van die internasionale gemeenskap vra.”

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


13 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.