Bron: The Christian Post

Die Skotse onderwysersvakbond, Education Institute of Scotland, het besluit om ’n toneelstuk met ’n transgender Jesus in skole te laat opvoer as deel van die Gay Pride-month se vieringe.

Die toneelstuk, ‘The Gospel According to Jesus, Queen of Heaven’ ,speel met die idee dat Jesus as ‘n transgender vrou na die aarde sal terugkeer, berig The Christian Post. Christen-betogers het in opstand gekom teen die toneelstuk. “Ons sien dat die die Bybelse Christendom gemarginaliseer word deur politieke korrektheid,” het die teenstanders van die toneelstuk gesê.

Transgender-akteur en dramaturg van die toneelstuk Jo (e) Clifford het op die kritiek van Christene gereageer: ‘Ek wil eenvoudig op ‘n baie, baie duidelike manier onderstreep dat Jesus nie mense soos ek (transgender mense) sou verwerp nie.’ Clifford betreur dit dat Christene so negatief is oor sy toneelstuk met ‘n transgender Jesus. “As ‘n praktiserende Christen wil ek nie die kerk bespot of die God of die geloof bespot nie,” het die akteur en dramaturg gesê.

Die toneelstuk word in verskeie skole opgevoer .By die eerste opvoering het ongeveer driehonderd betogers bymekaargekom met baniere wat tekste lees soos: “Jesus, Koning van die konings, nie die koningin van die hemel nie”. Een van die betogers, pastoor Jack Bell van Glasgow, het gesê hy is verbaas dat so min Christene by die betoging aangesluit het. “As dit ’n toneelstuk was waar die Islamitiese profeet Mohammed op so ’n manier uitgebeeld is, sou die Moslem-gemeenskap ’n sterk reaksie gehad het,” noem hy as voorbeeld. “Vryheid van spraak word gebruik as ’n verskoning vir godslastering.”

Skermskoot: Vimeo/arts-news


8 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.