-deur Barnabas Fund

“Ons skool is die enigste ware Christen-skool in Betlehem, al ons vriende en klasmaats is Christene. Ons bid in Aramees, die taal van Jesus, en ons is baie bevoorreg om dit te leer.” Dít is die woorde van Aram, ’n 12-jarige leerling aan die St. Aphrem-skool in Betlehem, waar Christen-kinders 16 jaar lank al ’n uitstekende opvoeding in ’n liefdevolle Christelike omgewing ontvang.

Leerlinge ontvang ’n uitstekende opvoeding
Christen-kinders in Betlehem staar in hul daaglikse lewens teistering en diskriminasie in die gesig. Vir hulle kan skole wat nie Christelik is nie, vyandige plekke wees. Ander Christen-skole is te duur vir die meeste Christen-gesinne omdat baie van die gesinne selfs te arm is om in die winter warm water of verhitting te bekostig. Van die ouers kan dit nie eens bekostig om vir hulle kinders penne en notaboeke te koop nie.

Met die ondersteuning van Barnabas Fund kan St. Aphrem minimale fooie vra sodat selfs kinders uit die armste Christen-gesinne dit kan bywoon. Danksy hierdie uitstekende grondslag in die lewe sal die leerlinge beter werk kan kry en op hulle beurt hul gesinne help en die hele Christen-gemeenskap versterk, want baie Christene is deesdae werkloos.
St. Aphrem is hoofsaaklik gebou danksy fondse wat Barnabas geskenk het. Dit is in September 2003 geopen met net 15 kleuterskoolkinders. Nou is daar 660 leerlinge tussen die ouderdomme van 3 tot 18 jaar. Die skool het 65 onderwysers en ander personeel en verskaf broodnodige werk aan plaaslike Christene.

Leerlinge maak skoonskip in ’n sportkompetisie
St. Aphrem bied ook meer as net uitstekende akademiese resultate. In ’n “Game of Sports”-kompetisie vir 6- en 7-jarige kinders waaraan ’n aantal Christen-skole deelgeneem het, het St. Aphrem eerste gekom in alle wedstryde (basketbal, sokker, tafeltennis, tennis en wedrenne). Die skool het ook die algehele eerste prys van 200 kaartjies na ’n safari-waterpark gewen, waar die toegangsgeld normaalweg vir die meeste leerlinge se gesinne te duur sou wees.
Leerlinge word ook deur ’n nuwe projek aangemoedig om aan ander te dink – dié projek van graad 11-leerlinge samel geld in vir ’n tehuis vir gestremde kinders.

’n Toevlug vir Christene
’n Ouer van drie seuns het St. Aphrem geloof as “’n toevlug uit die streng gemeenskap wat Betlehem besig is om te word,” met verwysing na die teistering wat Christene dikwels ervaar.
’n Ander ouer het gesê: “Dit is die plek waar my kinders veilig is. In tye soos hierdie waar ons Christen-gemeenskappe sien krimp en waar ons minderbevoorreg in die samelewing is en al hoe minder toegang tot werksgeleenthede het, is St. Aphrem ’n toevlug vir ons.”


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.