Deur: Shawn A. Akers
Bron: www.charismanews.com

Harvard-universiteit – ’n skool wat vier eeue gelede gestig is om diegene in die bediening onderrig te gee én wat die leuse “Truth for Christ and the Church” aangeneem het – het die ondenkbare gedoen: dit het ‘n ateïs as die hoofkapelaan aangestel, berig die media.

Greg Epstein (44) het die pos verlede week beklee, berig dnyuz.com. Die universiteit is vernoem na ’n pastoor, John Harvard, en dit was meer as 70 jaar voordat die skool ’n president gekry het wat nie ’n predikant is nie.

Volgens dnyuz.com sal Epstein, wat die boek Good Without God geskryf het en in ’n Joodse huishouding grootgeword het, in sy nuwe rol die aktiwiteite van meer as 40 universiteitskapelane, waaronder Christene, Jode, Hindoes, Boeddhiste en ander godsdienste, koördineer.

Hoewel die Harvard-universiteit in die begin van die 1600’s ’n Christelike grondslag gehad het, is dit blykbaar geërodeer en het dit wêreldse opvattings oor opvoeding en die lewe — wat die leer van die Woord van God heeltemal verontagsaam – begin inkorporeer.

“Daar is ’n toenemende groep mense wat hulle nie meer met enige godsdienstige tradisie vereenselwig nie, maar steeds ‘n behoefte het aan gesprek en ondersteuning oor wat dit beteken om ’n goeie mens te wees en ’n etiese lewe te lei,” het Epstein aan The New York Times gesê. “Ons nader nie ’n god vir die antwoorde nie. Ons is mekaar se antwoorde. ”

’n  Harvard Crimson-meningsopname het berig dat die studente in die klas van 2019 twee keer meer geneig is om hulself as ateïste of agnosties te bestempel as die 18-jariges in die algemene bevolking.

Foto: Greg Epstein. www.flickr.com


3 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.