Deur JUIG! Tydskrif
Bron: Artikel verskaf

Nicolene Filmalter is ’n deeltydse dosent in toegepaste natuurwetenskappe (natuurbewaring) by UNISA (Universiteit van Suid-Afrika). Sy is ’n skrywer en openbare spreker (plaaslik en internasionaal) op die gebied van die Skeppingswetenskap. In 2014 het sy haar eerste volkleur, geïllustreerde en omvattende boek oor Skeppingswetenskap getiteld, Skepping deur God, of evolusie … uit niks? vir ouderdomme 12-112 gepubliseer.

Amazing Discoveries Africa (nou bekend as ‘Clash of Minds’) ) het haar DVD-reeks wat op hierdie boek gebaseer is teen 2018 gepubliseer. In haar nuwe boek, Skepping tot herskepping, wat in 2019 gepubliseer is, is Nicolene se fokus hoofsaaklik op laerskoolkinders.

Die wonderlike verhaal van die skepping, vernietiging en verlossing word op ’n kleurvolle wyse geïllustreer, terwyl die kinders aan verskeie wetenskaplike terme en beginsels bekendgestel word. ’n Splinternuwe DVD-reeks gebaseer op hierdie boek is in 2022 deur Clash of Minds gepubliseer. Beide boeke word onder andere deur prof Walter Veith onderskryf. Sy resensie kan gelees word deur op die Boeke-oortjie te klik. Meer resensies kan op die agterblad van die boeke gelees word.

Videoreeks
Die nuwe videoreeks vir kinders,’ Skepping tot herskepping, is onlangs uitgereik. Dit is gebaseer op haar kinderboek met dieselfde titel.

Die inligting is spesiaal saamgestel vir laerskoolkinders 12 jaar en jonger, maar is net so relevant vir tieners en natuurlik, volwassenes. Die reeks is ook beskikbaar in Engels.

Daar is ’n totaal van 12 episodes en is tans beskikbaar op twee platforms: Filmalter se YouTube-kanaal (www.youtube.com), asook dié van Clash of Minds (COM) (www.youtube.com).

Laai gratis af
Hierdie episodes kan gratis afgelaai word deur op COM se Download-skakel te klik. ’n DVD-formaat van die reeks kan egter ook bestel word, met elke kliënt wat twee gratis kopieë mag bestel. Kontak COM deur hulle webblad en klik op order of gesels direk met hulle vir spesiale pryse rakende groter bestellings. Clash of minds se webblad: https://clashofminds.com
Hierdie reekse mag nie herverkoop word nie, omdat die primêre doel, Evangelisasie is.

Daar is ook ander reekse deur Filmalter op COM se kanaal beskikbaar.

Hulpbron vir ouers en onderwysers
Dan is daar ook ’n omvattende vrae-en-antwoorde-dokument gebaseer op hierdie boek en reeks wat as ’n hulpbron vir opvoeders, ouers, tuisskoolouers, Sabbatskoolonderwysers, Sondagskool onderwysers, ens. saamgestel het. Die dokument kan gratis afgelaai word, deur na die webblad www.creation-skepping.co.za te gaan en op download te klik.

Mag hierdie inligting vir ons kosbare Koningskinders tot groot seën wees


18 September 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org