Bron: creation.com

22 Junie 2020

Dinsourusvoetspore wat pragtig behoue gebly het, is onlangs naby Hastings in die suide van Engeland ontdek.

Meer as sewe dinosourusspesies se voetspore
Dit is die mees uiteenlopende en gedetailleerde dinosourusvoetspore wat nog ooit in die Verenigde Koninkryk ontdek is.

Meer as 85 van hierdie fossielspore, wat ten minste sewe spesies verteenwoordig, is deur ’n navorsingspan van die Universiteit van Cambridge ontdek en gedokumenteer.

Uitsonderlike detail
“Bo en behalwe die oorvloed en verskeidenheid spore, is daar ook ongelooflike detail te sien,” het die hoofskrywer, Anthony Shillito, gesê. “’n Mens kan die tekstuur van die vel en skubbe duidelik sien, asook spore van ’n dinosourusvoet met die vier kloue duidelik te sien – dit is uiters skaars.”

Die gefossileerde vel van ’n dinosourus

Erosie van die kus lei tot die ontdekking
Van 2014 tot 2018 het die erosie van die kus van die Ashdown-formasie gelei tot die krans se verbrokkeling. Die spore, wat voorheen verborge was, is so onthul.

Die span het die rotsblokke wat losgebreek en neergestort het, ondersoek en die voetspore ontdek. Die voetspore wissel van 2 cm, tot meer as 60 cm in deursnee.

Wetenskaplikes het dit as die spore van iguanodons, ’n ankylosourus, ’n stegosourus, teropodes en souropodes geïdentifiseer.

Stadige vormende lae of nie?
Volgens die navorsers is hierdie lae met die voetspore op ’n vloedvlakte neergelê. Hulle beweer dat daar lang periodes van sedimentêre stase was (lang tydperke voordat nuwe sediment neergelê is) sodat die spore so behoue kon bly.

Maar maak dit sin? Enige denkende mens sal weet dat hierdie spore nie lank so kon lê voordat die volgende laag sediment dit vasgelê het en dit dus behoue gebly het ​nie.

As Noag se vloed in ag geneem word, bied dit ’n goeie verklaring.

Wat sê jou gesonde verstand vir jou?
Wat doen die polisie wanneer ’n inbraak ondersoek word en daar vars voetspore in die modder op die toneel aangetref word?

Hulle neem so spoedig moontlik afdrukke van die spore omdat hulle weet ​​dat die voetspore baie vinnig kan verdwyn. Dit kan selfs minute of ure wees, afhangende van die weersomstandighede. Dit sal skaars ’n paar uur lank behoue bly, wat nog te sê duisende of miljoene jare lank.

Bewyse vir sedimentêre lae wat vinnig neergelê is
Die navorsing het ook die tonneltjies van ongewerwelde diertjies in die gefossileerde rots aangetref het. Die tonneltjies is egter nooit intern, binne die dinosourusvoetspore aangetref nie. Dit impliseer dat die dinosourus in sagte materiaal getrap het, waar die ongewerweldes ook pas tonneltjies gegrawe het. Voordat die ongewerweldes daarmee kon aangaan, is ’n nuwe laag sediment vinnig bo oor die spore en tonneltjies neergelê.

Die Bybel het die antwoord
Stadige en geleidelike prosesse kan dus nie hierdie wonderlike spore verduidelik nie. ’n Baie beter uiteensetting is die wêreldwye Sondvloed. Aangesien die waters die aarde 150 dae lank oorstroom het (Genesis 7:24), sou dit sedimentêre lae neergelê het. Verskillende prosesse, waaronder vertikale tektoniese grondverskuiwings, kon veroorsaak het dat water tydelik teruggetrek het om hierdie lae bloot te lê. Dit is die BEDS (Briefly Exposed Diluvial Sediments)-hipotese.

Lees gerus die volledige artikel hier creation.com

Dinosourusvoetspore in verskillende tipe modder


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.