Bron: incontextinternational.org

Die tropiese sikloon Eloise het die stad Beira in Mosambiek se Sofala-provinsie, op Saterdag, 23 Januarie, getref met sterk wind en swaar reën wat ernstige oorstromings tot gevolg gehad het. Dié provinsie is die swaarste getref.

Volgens Mosambiek se nasionale instituut vir meteorologie (INAM), het Beira 250 mm reën in die bestek van 24 uur gekry. Minstens 11 mense is dood, 12 beseer en na raming is 6 859 ontheem. Volgens die Verenigde Nasies se kantoor vir die koördinering van humanitêre aangeleenthede, is meer as 176 000 mense geraak en bykans 137 000 hektaar oeste oorstroom.

Die storm het ook meer as 8 800 huise en minstens 26 gesondheidsentra beskadig; krag- en kommunikasieverbindings is ook onderbreek. Baie van die gebiede wat deur Eloise getref is, is in 2019 ook deur die tropiese sikloon Idai verwoes en het nog nie heeltemal herstel nie.

UNICEF skat dat meer as 176 000 mense in Sentraal-Mosambiek in die nasleep van Eloise, humanitêre hulp sal benodig. Plaaslike beamptes en hulpagentskappe beoordeel tans die skade en probeer om kragtoevoer en kommunikasie, wat in sommige gebiede afgesny is, te herstel. Volgens die Mosambiekse Rooikruis moes meer as 5 000 mense binne die bestek van 72 uur hul wonings ontruim.

Dit blyk dat Mosambiek die kwesbaarste land in Afrika is wat klimaatsverandering betref. Volgens die Wêreldbank beloop die gemiddelde jaarlikse verliese weens oorstromings deur siklone in Mosambiek, $440 miljoen. Hierdie oorstromings dra by tot uiterste armoede en herstel is gebrekkig. INcontext se Crisis Response Network (CRN)* werk saam met Harvesters, Rise Against Hunger en Mercy Air om Mosambiek te help deur in die onmiddellike behoeftes van diegene wat geraak is, te voorsien deur middel van voedsel en “waardigheidspakkies”.

Langtermynhulp ten opsigte van herstelmiddele en voedselsekerheid, word in die vorm van dakbedekking en saad vir die vervanging van weggespoelde oeste, voorsien. Daarby word plaaslike netwerke deur middel van opleiding toegerus om ’n holistiese aanslag ten opsigte van vloedbeheer toe te pas.

Mosambiek het ongeveer 31 miljoen inwoners waarvan 52,9% belydende Christene is, terwyl 17%-19% Moslems is. Benewens die huidige oorstromings, sukkel die land steeds met ’n Islamitiese opstand, wat in 2017 begin het, in die noordelike provinsie Cabo Delgado.

Bid asseblief saam met ons vir Mosambiek.

Oorweeg dit asseblief om betrokke te raak. Volg die onderstaande skakel om meer te wete te kom.

* Crisis Response Network se ingryping in sikloon Eloise in Mosambiek:

crisisresponsenetwork.net


3 Februarie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.