7 Junie 2019

’n Gewapende groep in Noord-Nigerië hou 17 Christene sedert 19 Mei as gyselaars aan. Hulle eis meer as 750 000 euro as ’n losprys vir die Christene se vrylating.

Die Christene het byeengekom vir ’n koorrepetisie. Terwyl hulle besig was om te oefen, het ’n gewapende groep die terrein bestorm. Volgens die Nigeriese polisie het die gewapende mans ’n aantal skote afgevuur en toe verskillende kerklede gevange geneem.

Onder dié wat gevange geneem is, is die pastoor, sy dogter en ten minste nege ander vroue. Dit is nie bekend waar hulle aangehou word nie. “Die aanval het baie vrees en hartseer onder die gelowiges veroorsaak,” sê ’n sendingwerker.

Ontvoering van Christene vir ’n losprys kom al hoe meer gereeld in Nigerië voor en dit is ’n kommerwekkende nuwe neiging. Geopende Deure ondersteun die Nigeriese kerk met nood- en traumabystand.

Nigerië is twaalfde op die wêreldranglys van lande waar Christene vervolg word. Verlede jaar is meer as 3 700 Christene vermoor deur onder meer die terreurgroep Boko Haram en geradikaliseerde Fulani-stamlede.


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.