-deur Steve Warren

Foto: Save James/Facebook

Bron: cbn.com

8 November 2019

’n Seuntjie van Texas is in die middel van ’n bitter egskeidingsaak tussen sy ouers vasgevang. Sy ma wou hom in ’n dogtertjie laat verander, maar na ’n hewige stryd tussen die ouers gaan hy nou as ’n seuntjie skool toe.

Op die ‘Save James’-Facebook-blad is daar foto’s van die sewejarige James Younger en sy broer Jude waar hulle op pad skool toe is. Die bladsy het ook ’n foto van Jeff Younger saam met sy twee seuns.

Soos CBN News in Oktober berig het, het die pa, Jeff Younger, hof toe gegaan om te verhoed dat sy eksvrou, dr. Anne Georgulas, hul seun in ’n meisie met die naam “Luna” omskep. Volgens die hofstukke is het James wanneer hy by sy ma is soos ’n meisie aangetrek en die naam, Luna, aangeneem.

Getuies vir die pa het egter getuig dat sy seun verkies om seunsklere aan te trek en om “James” genoem te word wanneer hy by sy pa is.

Die regter in die saak het uiteindelik beslis dat albei ouers gesamentlike voogde van die seun is.

Hoewel die regter in die verhoor beveel het dat nie een van die twee ouers met die pers mag praat totdat James 18 jaar oud is nie, het openbare besware so aangegroei dat amptenare in Texas ingestem het om die saak te ondersoek.

As deel van die hofbevel moes Younger sy Save-James-webtuiste sluit. Sy ondersteuners het egter ‘n nuwe webtuiste geskep om sy seun te eer en ook duisende ander kinders van chemiese kastrasie, wat met puberteitblokkeerders en geslagshormone gedoen word, te red. Die nuwe webtuiste is sjsavethousands.com. (sjsavethousands.com)


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.