-deur Golda Meyer

Bron: Artikel verskaf

12 September 2019

Onrus en geweld het gedurende die week voor en op 2 September 2019 in Marabastad, ’n informele nedersetting in Pretoria, uitgebreek en plakkershutte en besighede is afgebrand.

Die geweld het meer as 200 mense haweloos gelaat sonder selfs die basiese benodigdhede.

’n Groep nie-regeringsorganisasies en kerke het kragte saamgesnoer met die stadsbestuur, waaronder lede van die Tshwane-metropolisie, nooddienste, rampbestuurafdeling, asook die departement van gemeenskaps- en maatskaplike ontwikkeling, wat almal saamwerk om oplossings te vind vir die probleem en onmenslike omstandighede wat die stadbewoners in die gesig staar. Hierdie beweging, om saam te span en saam te werk, is spoedig #ServeYourCity genoem.

Ilonka Esterhuyse van Fearless Love Foundation het saam met Martin Peters hulpverleningspogings gekoördineer deur skenkings aan die slagoffers van die afgebrande plakkershutte uit te deel. Daar is ’n week lank in die noodsaaklike behoeftes van die mense voorsien deur voedsel, water en komberse te verskaf omdat hulle al hulle besittings in die brande verloor het.

Die Dare-to-Love-beweging van vrywilligers dien die stad reeds die afgelope vier jaar lank. Hulle het op Saterdag 7 September ’n reuse-poging van stapel gestuur deur ’n geleentheid vir verskeie vrywilligersbewegings, stigtings en kerke te reël om almal saam te dien. Die hoofdoel van hierdie poging was om die strate skoon te maak en die haweloses te leer hoe om vars groente in eenvoudige hidroponiese stelsels te kweek.

Daar is buitelanders in die groepe wat deur die geweld in Marabastad geraak is. Daar word na hierdie groepe verwys volgens die gebiede waar hulle woon: Marabastad Village en Marabastad Jazz Square. Dit het duidelik geword dat die oorsaak van die geweld dwelmverwant is. Die Xenofobie was bloot ‘n bysaak wat buite verband geruk is deur die aanblaas van vrees op sosiale media.

#ServeYourCity maak ’n punt daarvan om te sorg dat mense in die groepe aangespoor word om selfonderhoudend te wees en het dus twee tuine van die Lewe in albei groepe se sones aangeplant.

“Om iemand te help, behels dat hulle geestelik en ekonomies vry moet wees,” sê Daryl Hardy, die medestigter van die Dare-To-Love-beweging. “Apatie, die toe-eiening van reg en luiheid is ‘n ingesteldheid wat deur diensbaarheid verbreek moet word. Dit is belangrik om die armes op te lei om ekonomies onafhanklik te word deur hulle toe te rus met vaardighede sodat hulle ’n beter inkomste kan verdien en mikro-ondernemings kan begin. ”

Die stad en sy gemeenskappe word uitgenooi om komende Saterdag 14 September om 06h00 aan ‘n uitreikaksie van #ServeYourCity deel by McDonalds, Skinnerstraat, Pretoria-sentrum deel te neem onder leiding van die Dare-To-Love-beweging.

Vir ‘n lys van noodsaaklike items wat benodig word vir die rampgebiede, kontak asseblief vir Immanuel Landman, 083 458 4064, die leraar van die ELIM Volle Evangelie Kerk in Brooklyn.

Skenkings kan gemaak word by:

Rekeningnaam: TLF Akanani, Nedbank,

Takkode 160445,

Rekeningnommer: 1101237473.

SWIFT-kode: NEDSZAJJ,

Verwysing: ServeYourCity.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.