Bron: cip.nl

Vroeg in Julie is twee Amerikaanse sendelinge in Haïti in ‘n vliegongeluk oorlede. Die 43-jarige John Miller en die 35-jarige Trent Hostetler het albei vir die organisasie, Gospel to Haiti, gewerk.

Die twee sendelinge het per vliegtuig van Port-au-Prince, die hoofstad van Haïti, na die bergagtige streek in die suide van die land gereis. Die sendingorganisasie bedryf ‘n skool en ‘n mediese kliniek in die streek. Die klein vliegtuigie sou hulle van die hoofstad na die mediese kliniek geneem het. Hostetler se swanger vrou en hul drie kinders het in ‘n ander vliegtuig vooruit gevlieg. Daar was geen plek vir die twee mans in daardie vliegtuig nie en hulle moes dus ‘n ander vliegtuig gebruik.

Toe die vliegtuig van Hostetler en Miller nie betyds opdaag nie, is daar besef dat iets fout is. Hostetler se vrou het kort daarna berig ontvang dat ‘n vliegtuig neergestort het. Reddingswerkers het daarin geslaag om die wrak te bereik, maar ongelukkig was daar geen oorlewendes nie. Daar was ook vier ander slagoffers wat niks met die sendingorganisasie te doen gehad het nie.

Please pray!
This is a very sad day for everyone at Gospel to Haiti.
Trent and Erica and their family, who are the…

Posted by Gospel To Haiti on Saturday, 3 July 2021

Hostetler en sy gesin het in Haïti gewoon en het hoofsaaklik administratiewe werk vir die organisasie verrrig. John Miller was tydelik in die streek as evangelis om mense van Jesus te vertel.

Gospel to Haiti het ‘n beroep op almal gedoen om vir die vrouens en kinders van albei sendelinge te bid.Ná die tragiese ongeluk is Hostetler se swanger weduwee ‘n week in Haiti aangehou nadat die land ‘n noodtoestand en inperkings aangekondig het in reaksie op ‘n sluipmoordaanslag op die president. Sy is nou terug in Amerika asook die oorskot van die twee sendelinge wat gesterf het.

Daar is skarebefondsingskemas begin vir beide die weduwees.

If God lays it on your hearts to give! 🙏🏻

Posted by Gospel To Haiti on Saturday, 3 July 2021

https://www.gofundme.com/f/help-the-john-miller-family-saloma-children?member=12244739&sharetype=teams&utm_campaign=p_na+share-sheet&utm_medium=social&utm_source=facebook

Posted by Gospel To Haiti on Saturday, 3 July 2021

https://www.gofundme.com/f/help-the-john-miller-family-saloma-children?member=12244739&sharetype=teams&utm_campaign=p_na+share-sheet&utm_medium=social&utm_source=facebook

Posted by Gospel To Haiti on Saturday, 3 July 2021


14 Julie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.