Bron: The Chosen

Die gewilde reeks oor die lewe van Jesus en Sy dissipels, The Chosen, het verlede week begin om seisoen 2 van die reeks te vertoon. Die Episodes word op die Chosen-toep beskikbaar gestel soos hulle voltooi word.

Dit lyk asof die regeisseur, Dallas Jenkins, en sy medeskrywers, Ryan Swanson en Tyler Thompson, ’n wonderlike tegniek ontdek het om die lewens van Jesus en Sy dissipels op so ’n manier uit te beeld wat die kyker aangryp, maar terselfdertyd die inligting wat in die Bybel verskaf word, respekteer.

Wat aanvanklik bloot ’n kort fliek vir Jenkins se kerk tydens Kersfees was, het nou in ’n geliefde, waardige hervertelling geword van Jesus en die mense wie se lewens Hy aangeraak en verander het.

Volgens Angel Studios (voorheen Vid Angel) is daar met skarebefondsing vir die vervaardiging van The Chosen betaal.

“Seisoen 1 is in November 2019 ten volle befonds – ’n yslike 75 346 mense het altesaam $10 000 000 in ’n rekordtyd bygedra … seisoen 2 is in November 2020 ten volle befonds. Hierdie keer het 125 346 mense altesaam $10 000 000 bygedra en 86% van die mense wat seisoen 1 befonds het, het ook seisoen 2 gefinansier … ” verklaar Angel Studios op sy webtuiste vir The Chosen.

Talle mense het seisoen 1 van The Chosen meer as een maal gekyk omdat die reeks doodeenvoudig so goed is.

Klik hier om na die lokprent vir seisoen 2 te kykblob:

’n Resensie in Movieguide lui as volg: “The Chosen handhaaf ’n perfekte balans tussen getroue Bybelse storievertelling en verbeeldingryke verkenning. Die uitbeelding bevat wonderlike historiese, Bybelse en teologiese akkuraatheid, terwyl dit steeds ’n gevoel van verwondering en kreatiwiteit behou.”

Die innoverende span het ook ’n toep vir The Chosen ontwikkel waarmee hierdie suksesvolle reeks nou toeganklik is vir almal. Daar kan gratis na die reeks gekyk word sonder dat mense eers fooie hoef te betaak of in te teken.

Die mense wat uit vrye wil donasies maak, “betaal” vir die toekomstige seisoene se vervaardiging. Ten tyde van hierdie skrywe is seisoen 3 reeds 12% befonds en is die eerste episode van seisoen 2 op die toep beskikbaar.

Laai gerus die toep af (dit kan dat op alle toestelle, insluitend slimtelevisies gekyk word) en ruim tyd in om na seisoen 1 te kyk as jy dit nog nie gedoen het nie.

Klik hier om meer te wete te kom oor The Chosen en om die toep af te laai.


12 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.