-deur: ICC (International Christian Concern)

Artikelbron: www.persecution.org

23 Oktober 2019

Saoedie-Arabië se Vision 2030 laat veel te wense oor te opsigte van betekenisvolle vordering met ’n godsdiensvryheid – ‘n noodsaaklike vryheid wat alle lande moet waarborg as hulle enigsins ‘n regverdige en welvarende samelewing wil opbou.

Vision 2030, ’n projek onder leiding van die kroonprins Mohammed Bin Salman, het in 2016 begin en streef daarna om Saoedi-Arabië se ekonomiese en geopolitieke invloed te versterk deur nie net sy ekonomiese bates te diversifiseer nie, maar ook om sy kultuur te moderniseer.

Saoedi-Arabië kan ’n opdraande stryd voer, want dit probeer moderniseer terwyl daar min aandag gegee word aan die kwessie van godsdiensvryheid.

Volgens ’n 2014-navorsingstudie waarin die ekonomieë en godsdiensvryheid van 173 lande oor die hele wêreld ontleed is, is daar bevind dat daar ’n sterk verband tussen godsdiensvryheid en ekonomiese groei bestaan. Uit die twaalf merkers van wêreldwye ekonomiese mededingendheid wat deur die World Economic Forum gebruik is, toon tien ’n duidelike positiewe verband met godsdiensvryheid. Innovasie is byvoorbeeld twee keer so sterk in lande met ’n hoë vlak van godsdiensvryheid as in lande waar godsdiens beperk word.

Saoedi-Arabië is vyftiende op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingsglys van die wêreld se ergste oortreders van godsdiensvryheid.

Die kroonprins het tot dusver geen konkrete vordering gemaak met die kwessie van godsdiensvryheid nie, ondanks verskeie goed-gepubliseerde vergaderings wat tussen hom en groepe Amerikaanse evangeliese leiers gehou is.

Die kroonprins het in ’n verklaring belowe om die private besighede in Saoedi-Arabië te versterk deur samewerking en wedersydse verantwoordelikheid. Maar hy het nie melding gemaak van godsdiensvryheid as nog ’n manier om daardie doelwit te bereik nie, ondanks empiriese bewyse dat dit ’n belangrike instrument is in die bevordering van privaatondernemings. Die kroonprins het ook kulturele hervorming belowe, maar het versuim om handboeke wat geweld teen godsdienstige minderhede aanmoedig, uit Saoedi-skole te laat verwyder.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.