Deur: Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Sondag 5 Junie het afgevaardigdes van die Jemenitiese regering en die Houthi-rebelle direkte samesprekings in Jordanië se hoofstad, Amman, hervat oor die heropening van paaie in sommige provinsies, insluitend Taiz.

Die tweede ronde samesprekings het ten doel om ’n ooreenkoms te bereik m.b.t. die opheffing van die Houthi-blokkade in Taiz, waarin afgevaardigdes nie tydens die eerste ronde samesprekings wat op 29 Mei geëindig het, kon slaag nie. Op 31 Mei het die twee partye egter die VN-bemiddelde skietstilstand (wat op 4 April in werking getree het) hernu.

April se ooreenkoms was die eerste suksesvolle landwye skietstilstand in ses jaar en was bedoel om die vrye beweging van burgerlikes en goedere te verbeter. Die ooreenkoms het ingesluit dat voorbereidings getref word om kommersiële vlugte te hervat na en van die Houthi-beheerde hoofstad se hooflughawe vir die eerste keer sedert 2016. Benewens die moontlikheid vir die beweging van mense en toegang van lewensreddende medikasie deur Sana’a, kon meer brandstof na die land vervoer word deur die heropening van die Houthi-beheerde Hodeida-hawe.

Die skietstilstand het ook daartoe gelei dat geweld en burgerlike ongevalle aansienlik afgeneem het, aangesien militêre operasies reg oor Jemen, sowel as Houthi-oorgrensaanvalle op Saoedi-Arabië verbode was. Ná byna agt jaar van oorlog het die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) beraam dat die dodetal teen die einde van 2021 op ongeveer 377 000 te staan gekom het – waarvan 60% aan indirekte gevolge van die konflik, soos die ontoeganklikheid van gesondheidsorg en voedselskaarste, toegeskryf kan word.

Die eerste ooreenkoms het meer politieke momentum gekry ná die aankondiging op 7 April dat Jemen se uitgeweke president Abd Rabbu Mansour Hadi sou bedank en sy mag asook die adjunkpresident se mag aan ’n presidensiële raad van agt lede sou oordra. Hadi se bedanking was ’n voorvereiste wat deur die Houthi’s gestel is alvorens hulle by vredesonderhandelinge betrokke sou raak. Die bedanking blyk grootliks die gevolg van druk deur die Saoedi’s te wees. Die nuwe raad bestaan ​​uit agt politieke leiers, insluitend die separatistiese Suid-Jemenitiese oorgangsraad wat in die suide regeer, maar sluit die Houthi’s uit.

Vanuit ’n Christelike perspektief

Die situasie in Jemen is delikaat en vereis kompromie en toewyding van die nuwe regering en Houthi-opposisiemagte asook van die koalisies wat die strydende partye ondersteun en die internasionale gemeenskap. Daar is dus baie gebed nodig dat die skietstilstand eerbiedig sal word en die weg vir ’n blywende vredesooreenkoms sal baan.

Die VN se spesiale gesant, Hans Grundberg, het die strydende partye aangemoedig om nie die skietstilstand te gebruik om te hergroepeer en toekomstige aanvalle te beplan nie, maar eerder om vordering te maak en die oorlog te beëindig. Die wêreldwye Kerk kan bid dat dit die geval sal wees. INcontext het in April oor die vredesooreenkoms geskryf en gevra dat daar gebid moet word dat die skietstilstand gehandhaaf sal word.

Ons kan die Here regtig loof vir hierdie verhoorde gebede en vir die verligting wat dit vir die nasie gebring het. Volgens Grundberg is daar berigte van “tasbare voordele” van die ooreenkoms, wat deur Jemeniete ervaar word.

INcontext het ook die geleenthede uitgelig wat hierdie skietstilstand aan die wêreldwye Liggaam van Christus bied om in sommige van die vele behoeftes van die nasie te voorsien (byna 75% van die bevolking is afhanklik van humanitêre bystand en beskerming in 2022). Sodoende kan die Kerk die liefde van Christus aan diegene bewys wat Hom nie ken nie en Jemenitiese gelowiges bemoedig, wat dikwels op groter skaal deur die oorlog geraak word as gevolg van die vervolging deur die Moslem-meerderheid samelewing.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid dat die tweede ronde samesprekings sal uitloop op ’n ooreenkoms oor die opheffing van die blokkade en dat die verlengde skietstilstand tot ’n blywende vredesooreenkoms sal lei,
  • dat die nuwe regering verenig sal wees en met integriteit sal lei en in die beste belang van die nasie sal optree en
  • dat Jemeniete die liefde van Christus sal ervaar terwyl die internasionale gemeenskap die geleentheid aangryp om in te gryp en diegene in nood te help.

12 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org