-deur Steve Warren

foto: Israel Folau (AP-foto)

Bron: cbn.com

3 September 2019

 

Wetgewers in Australië het ’n nuwe wetsontwerp voorgestel wat daarop gemik is om mense te beskerm wat uiting wil gee aan hulle godsdienstige geloof buite die werkplek.

Volgens Reuters het die prokureur-generaal, Christian Porter, gesê die voorstel sal dit vir Australiërs moontlik maak om hul geloofsoortuigings buite die werkplek uit te spreek solank dit nie hul werkgewer finansiële skade berokken nie.

Porter het gesê dat die wetgewing nodig is, aangesien die land se antidiskriminasiewette nie wyd genoeg is nie.

Die voorgestelde wetgewing kom nadat die voormalige Australiese rugbyster, Israel Folau, wat ook ’n toegewyde Christen is, in Mei sy kontrak met Rugby Australië verloor het, nadat hy geweier het om ’n boodskap op sosiale media te verwyder waarin hy sondaars aanmoedig om hulle te bekeer.

Die daaropvolgende beëindiging van sy kontrak het ’n landswye debat oor vryheid van spraak en godsdiensvryheid in die land tot gevolg gehad.

Volgens CBN News het Folau en sy voormalige werkgewer verlede maand probeer om ’n skikking te bereik, maar kon nie tot ’n ooreenkoms kom nie.

“Rugby Australië het my dienskontrak opgeskeur en my loopbaan beëindig omdat ek ’n boodskap uit die Bybel gedeel het,” het Folau gesê. “Ek behoort die Vryheid te hê om my geloofsoortuigings op ’n vreedsame manier uit te spreek sonder om bang te wees vir vergelding of uitsluiting. Australië is so ’n ongelooflike multikulturele land. Ek weet dat ons sterk genoeg is om ruimte te skep vir verskillende sienings sonder om mense af te dank omdat hulle godsdienoortuigings uitspreek waarmee almal nie noodwendig saamstem nie.

Lees die volledige berig en verder kommentaar by cbn.com


DISCLAIMER
JOY! Digital is a Christian portal that shares pre-published articles by writers around the world. Each article is sourced and linked to the origin, and each article is credited with the author’s name. Although we do publish many articles that have been written in-house by JOY! journalists, we do not exclusively create our own content. Any views or opinions presented on this website are solely those of the author and do not necessarily represent those of the company.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.