Artikel verskaf

4 September 2019

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJRA) betreur die geweld, vernietiging van eiendom en haat wat onlangs in die strate van Johannesburg teen onskuldige mans en vrouens gepleeg is. Ons doen ’n beroep dat hierdie jongste vlaag van xenofobie gestaak word en dat alle leiers oor die hele politieke, godsdienstige en sosiale spektrum hulle sterk moet uitspreek teen die neiging om buitelandse burgers te teiken.

Woorde het geweldige krag en ons beklemtoon hoe belangrik dit is dat politieke en gemeenskapsleiers verantwoordelike taal gebruik wat nie die huidige spanninge sal aanstook en verdere verdeeldheid in gemeenskappe saai wanneer elkeen wat in Suid-Afrika woon, eintlik moet saamwerk om die lewens van almal in die land te verbeter nie.

Hierdie aaklige gebeure beklemtoon weereens die dringende behoefte aan omvattende wetgewing om xenofobie, sowel as alle ander vorme van vooroordeel, te voorkom en te bestry. Ons doen ’n beroep op die regering om standpunt in te neem teen haatmisdade en hoop dat die onlangse vergrype ’n aansporing sal wees tot daadwerklike optrede in die toekoms.


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.