Bron: www.rd.nl

Rusland en Wit-Rusland (Belarus) het verlede week hulle gesamentlike militêre oefening in Wit-Rusland, Wes-Rusland en langs die Oossee begin. Daar sal meer as 200 000 weermagpersoneel aan die week lange operasie, Zapad-2021, deelneem.

Volgens ’n berig van die Reformatorisch Dagblad maak 80 vliegtuie en helikopters, 290 tenks en 15 vlootvaartuie deel uit van die militêre oefening. Troepe van Armenië, Indië, Kirgistan en Mongolië neem ook aan Zapad-2021 deel.

Zapad is Russies vir “Weste”. Die bedoeling met die oefening, wat elke vier jaar uitgevoer word, is om Russiese troepe op te lei vir ’n oorlog aan die westelike grense van die land.

Hoewel Zapad oorspronklik uit die Koue Oorlog spruit, het pres. Poetin die skaal van die oefening oor die afgelope paar operasies aansienlik vergroot.


15 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.