Geskryf deur: Stefan J. Bos
Artikelbron: www.worthynews.com

Rusland het erken dat hy beheer verloor het oor sleutelstede in die Oekraïne se noordoostelike Kharkiv-streek, in wat sommige militêre kenners as ’n potensiële deurbraak in die oorlog beskou. Die stellings het gevolg nadat die president van die Oekraïne gesê het die Oekraïense oorwinnings is deel van ’n beduidende teenoffensief teen Rusland.

Videomateriaal van Oekraïense soldate wat tenks en artillerie in besit neem van Russiese posisies wat inderhaas ontruim is, het aan die lig gekom. Daarbenewens is toerusting en militêre voertuie vernietig of blykbaar agtergelaat deur vlugtende Russiese magte.

Oekraïnse president Wolodymir Zelensky het gesê die Oekraïense troepe het duisende kilometers grondgebied herower. “Van die begin van September tot vandag het ons krygers reeds meer as 6 000 vierkante kilometer van die Oekraïne se grondgebied bevry – in die ooste en suide,” het hy in ’n videoboodskap aan sy nasie gesê.

Rusland het erken dat sy weermag uit kritieke stede in die noordoostelike Kharkiv-streek onttrek het. Maar Moskou beweer sy magte hergroepeer om op die Luhansk- en Donetsk-streke in die ooste van die Oekraïne te fokus.

Sommige militêre kenners beskou die Oekraïense vordering as ’n beduidende terugslag vir die Russiese president, Wladimir Poetin.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê Oekraïense magte het “aansienlike vordering” gemaak met hulle teenoffensief. Maar hy waarsku dat dit te vroeg is om die uitslag te voorspel.
Daar is kommer in die Oekraïne dat Rusland se weermag in reaksie op die teenoffensief aanvalle op burgerlike teikens sal verskerp.

Spanning loop ook hoog oor Europa se grootste kernkragsentrale in die Oekraïne. Die Zaporizhzhia-kernkragstasie wat onder Russiese beheer is, is van die netwerk verwyder met Rusland en die Oekraïne wat mekaar daarvan beskuldig dat die ander die gebied bombardeer.

Die dodetal sal aanhou styg met die konflik wat voortduur. Tienduisende mense, insluitend burgerlikes en soldate, is dood in die meer as 200 dae oue Russiese inval van die Oekraïne.

Foto slegs ter illustrasie. commons.wikimedia.org


20 September 2022

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org