-deur Will Maule

10 Julie 2019

Twitter is gedwing om iets te doen oor twiets wat gemik word op godsdiensgroepe. Die sosiale media-reus moes optree nadat ’n reeks twiets gemaak is wat godsdiensgroepe dehumaniseer.

Twitter het aangekondig dat hy die haatspraakreëls sal aanpas om twiets te verbied wat godsdiensgroepe vergelyk met rotte, virusse of maaiers, berig die BBC.

“Ons primêre fokus is om die risiko te bekamp dat godsdiensgroepe fisieke skade berokken word a.g.v. aanlynaanhitsing – en navorsing toon dat dehumaniserende taal die risiko verhoog,” het die maatskappy in ’n blogboodskap gesê.

Die nuwe reëls kan individue soos Louis Farrakhan afskrik om anti-Semitiese kommentaar op Twitter te plaas. Hy is reeds beveel om ’n video te verwyder waarin hy na Joodse mense as “termiete” verwys.

Dit is skokkend dat die video maande lank op Twitter was nadat dit oorspronklik geplaas is. In nog ’n twiet het Farrakhan gesê hy is besig om die “sataniese Jood en die sinagoge van satan te ontmasker” en het verskeie aanstootlike opmerkings oor die Joodse volk gemaak.

Twitter hoop dat sy nuwe beleid hierdie tipe twiets sal verhoed en die antigodsdienstige sentiment wat daagliks op die platform geplaas word, laat afneem.

Foto: Bethany Clarke / Getty Images


Bron: faithwire.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.