-deur Donnelly McCleland |INcontext International

Bron: incontextinternational.org

Foto: aljazeera.com

19 Junie 2020

Vyandigheid teenoor Rohingya-vlugtelinge neem toe
Rohingya-vlugtelinge staar toenemende teenkanting van die omliggende Suidoos-Asiese lande in die gesig – lande by wie hulle juis, ná jare in oorvol kampe in Bangladesj, asiel en barmhartigheid soek.

Aangehou in Maleisië
Bangladesj het verlede week gesê hy sal nie die bykans 300 Rohingya terugneem nie. Die 300 vlugtelinge word deur Maleisië aangehou nadat hulle in ’n boot naby die noord-westelike eiland Langkawi gevind is.

Oorvol kampe
Van Januarie tot Maart het talle bote, elk met honderde Rohingya-vlugtelinge aan boord na Maleisië vertrek. Die kampe in Bangladesj is oorvol en aan oorstroming blootgestel. Die afgelope twee maande het Maleisiese owerhede herhaaldelik bote vol asielsoekers wat aanland wou gaan, weggewys.

Honderde Rohingya is sodoende, strydig met internasionale soek- en reddingsregulasies, op die see aan hulle eie lot oorgelaat in lewensgevaarlike toestande. ’n Maleisiese minister het beweer dat die owerheid sedert 1 Mei reeds 22 bote verhinder het om aan wal te kom.

Vlugtelinge trotseer talle uitdagings
Rohingya-vlugtelinge trotseer nie net onsimpatieke lande nie, maar is ook onderworpe aan gewetenlose mensehandelaars wat dikwels buitensporige lospryse van arm familielede eis – dít bo en behalwe die aanvanklike vervoerkoste van Bangladesj na Maleisië.

Vanuit ’n Christelike perspektief
Die Rohingya is ’n verwerpte en veragte bevolkingsgroep. Ongeag na watter land hulle vlug, word hulle verwerp, selfs deur mede-Moslems in Maleisië.

Die lot van die Rohingya-mense behoort gelowiges se harte met deernis te vul, ongeag of hulle volgelinge van Christus is of nie. Wat wel van belang is, is dat hulle geregtigheid en ’n regverdige oplossing vir hulle probleem verdien.

Die Here herinner Sy kinders in Amos 5:24: “Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos ’n standhoudende stroom.”

Bid saam met ons vir die volgende:

  • Bid dat mense se harte teenoor die Rohingya-mense sal versag;
  • dat die Kerk in Maleisië en ander nasies met deernis na die Rohingya-vlugtelinge sal uitreik; en
  • dat baie Rohingya-mense vir Jesus sal ontmoet.

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.