-deur Patrick Goede

9 Julie 2019

’n Roemeense gesin wat na Noorweë geëmigreer het, moes hul kinders aan jeugsorg oorhandig. Aanvanklik is gedink dit is omdat die ouers hulle kinders pakslae gegee het, omdat dit in Noorweë strafbaar is. Dit het egter later aan die lig gekom dat dit was oor die gesin se Christelike geloof, berig CBN News.

In 2015 is die vyf kinders van die Roemeense Bodnariu-egpaar deur Barnevernet, Noorweë se jeugsorg weggeneem.

Hierdie saak is nou een van die 26 gevalle wat deur die Europese menseregtehof hersien word. Die kinders sou glo deur hulle ouers “geïndoktrineer” word met die Christelike geloof en dis volgens Barneveret waarin die kinders by hulle ouers weggeneem is.

Ook die saak waarin ’n Amerikaanse ma, Natalya Shutakova, haar drie kinders aan die Barnevernet moes afstaan, het groot aandag getrek. ’n Petisie wat aan vise-president Mike Pence gerig is, om as bemiddelaar op te tree, is reeds deur meer as tien duisend mense onderteken.


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.