Bron: Artikel verskaf

Doxa Deo se aanbiddings- en kunsgroep, Revelation Enterprises (R.E.) stel hul debuut Afrikaanse album, getiteld Tot In Ewigheid (Forever) in Oktober 2021 bekend. Met 12 oorspronklike liedjies geskryf deur nege van RE se liedjieskrywers en opgeneem deur tien jong en energieke aanbiddingsleiers, beloof hierdie album om ’n baanbreker te wees binne die konteks van die Afrikaanse gospel- en aanbiddingsmusiekgenres. Tot In Ewigheid bied 12 nuwe maniere waarop mense hul liefde vir Christus kan uitdruk. Die album bevat ook werk in samewerking met die SAMA- en GHOEMA-bekroonde kunstenaar, Retief Burger.

 Die eerste radio-enkelsnit van die album, “Ek Sal Sing”, word gelei deur Lean Buys. “Met hierdie liedjie wil ons mense daaraan herinner dat hulle saam met Christus opgewek is tot oorwinning! Ons kan verseker wees dat wanneer die uitdagings van die lewe opduik, ons daaraan herinner word dat God ons ‘n kragtige vermoë gegee het om te sing en oorwinning oor elke lewenssituasie te verklaar. Begin dus sing oor jou huwelik, oor jou besigheid en oor jou verhoudings,” sê Lean.

 Die bekroonde Suid-Afrikaanse musiekvervaardiger, Gideon Botes, het saam met Martin Bravenboer, RE se musiekdirekteur, gewerk om te verseker dat hierdie album ’n innoverende en unieke klank lewer soos wat God aan hulle toevertrou het.

Hierdie album resoneer met die openbaring van die Evangelie van genade. Dit inspireer elke persoon om vanuit die troonkamer te aanbid en bied die versekering dat hy of sy ingesluit is in die liefde van God wat in die voltooide werk van Christus geopenbaar is. Dit bied vars boodskappe aan aanbidders wat hul identiteit in Christus gevind het. Met die opdrag om elke sfeer van die samelewing te beïnvloed vanaf ‘n plek van intimiteit met Hom,” sê Liesl Marx-Davel, kunsdirekteur van Revelation Enterprises.

 RE se liedjieskryfspan, afkomstig van elke stad in Suid-Afrika, hou jaarliks drie tot vier liedjieskryf-wegbreek-geleenthede. “Kuns, as een van die invloedsfere, is ingesluit in ons visie om 12 stede te verander in plekke waar God heers! Die Woord waarop ons ons roeping en die rede vir ons bestaan grond, word gevind in Habakuk 2:14: “Soos water die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordeigheid van die Here op die aarde geken word,’” voeg Liesl by. Die groep hoop dat mense wat na die album luister deur die boodskap geïnspireer sal word om uit te gaan en Sy hande en voete te wees, die pyn te genees, die gebroke te herstel en die verlorenes te bereik deur die krag van die Heilige Gees.

 Ons neem saam as ‘n verenigde gesin eienaarskap van ’n missie om die Koninkryk van God te vestig en ons liefde en aanbidding vir Hom uit te spreek deur die kunste en die media,” sluit Liesl af.

 Lede van Revelations Enterprises en die album is: Martin Bravenboer (elektries, akoesties, sang, vervaardiger, MD), Arno van Wyk (sang, agtergrondsang, bas, akoesties, tromme), Reinhardt Smit (sang en akoesties), Eugene Lombard (sang en klawerbord), Henri Stander (sang en akoesties), Cyann Asher (sang en agtergrondsang), Andreas van Tonder (sang en elektries), Lean Buys (sang en akoesties), Morné Oosthuizen (sang en elektries), Petrich Brits (sang, akoestiek en tromme) en Danu Bothma (sang , klawerbord, akoesties).

 Ek sal Sing” is op all digitale platforms beskikbaar en die volle Tot in Ewigheid album teen 13 Oktober 2021. Musiek Video: 

 Kontak RE aanlyn by:

Facebook: facebook.com/revelationenterprisesdoxadeo

Instagram: instagram.com/revelation_enterprises

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCXzVJKrWUIkY4LRFhE5DucQ

Website: www.revelationenterprises.co.za (Loods op 13 Oktober 2021)

 Snitte:

1. Ek sal sing – Lean Buys (Enkelsnit)

2. My Vader – Reinhardt Smit

3. Tot in Ewigheid – Henri Stander (Titelsnit)

4. Stuur my – Retief Burger

5. Fontein – Arno van Wyk (Enkelsnit)

6. Oorweldig – Cyann Asher

7. Vlekkeloos – Petrich Brits

8. Daar is meer – Arno van Wyk

9. U is vir my – Eugene Lombard

10. Sing & Sing – Arno van Wyk

11. God van Wonders – Morné Oosthuizen

12. My siel sal juig – Arno van Wyk & Chrisna de Bruin

Meer oor Doxa Deo and Revelation Enterprises:
 Doxa Deo, beteken die heerlikheid van God, en is gestig en gelei deur Alan en Leana Platt. Doxa Deo funksioneer as een kerk in vyf lande: Suid -Afrika, Amerika, Nieu -Seeland, Engeland en Duitsland met ‘n verskeidenheid kampusse, bewegings en bedieninge. Alles wat Doxa Deo doen fokus daarop om mense in alle sfere van die samelewing toe te rus en op te voed om leiers te word. Hulle missie is om elke sektor van die samelewing positief te verander met die waardes en doeleindes van Jesus. Doxa Deo se leierskap glo dat kerk, onderwys, maatskaplike dienste, sake, media, kunste, sport en die burgerlike samelewing sal floreer wanneer die lewegewende waardes van Jesus Christus op hierdie gebiede toegepas word. Revelation Enterprises, dié kerk se wêreldwye aanbiddings- en kunsbeweging, bestaan uit die Doxa Deo Aanbiddingsleiers van ‘n verskeidenheid kampusse wat saam skryf, opneem en aanbid om sodoende Sy heerlikheid te vertoon.


 7 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.