Deur: Geopende Deure Nederland
Bron: cip.nl

’n Saoedi-bekeerling is Donderdag deur ’n regter tot ’n boete gelykstaande aan R1 077 786 gevonnis. Sy familie het hom daarvan beskuldig dat hy geld gesteel het om Bybels te koop. Die Christen het onmiddellik teen die uitspraak geappelleer.

Adam*, ’n gelowige met ’n Moslem-agtergrond in Saoedi-Arabië, is ’n boete van 300 000 riyal opgelê. Hy het 30 dae tyd kry om die boete te betaal, tensy die appèl gehandhaaf word.

Die geding het begin op grond van valse beskuldigings deur sy familielede. Hulle het gesê hulle hom verdink hom daarvan dat hy geld by hulle gesteel het om Bybels te koop. Daar is geen bewyse vir om hierdie beskuldiging te staaf nie, slegs die familie se woord teen Adam s’n.

’n Moslem-swaer het Adam vroeër van diefstal beskuldig. Dit het te make met die feit dat Adam ’n skoonsuster gehelp het om uit Saoedi-Arabië te ontsnap. Die vrou is mishandel weens haar bekering tot die Christendom.

Adam is volgens mense naby hom verlig dat hy vier weke gegun is. Dit gee hom tyd om vir sy gesin te sorg. Die vrees was dat hy (weer) gevangenisstraf sou kry; hy het al verskeie strawwe uitgedien, waaronder ook lyfstraf.

Christene het dit moeilik in die Arabiese Skiereiland. Geopende Deure skat die aantal Christene in Saoedi-Arabië op ongeveer 1,2 miljoen. Die meerderheid van hulle is migrante wat tydelik in die olieryke land werk. Hierdie buitelandse Christene moet streng reëls nakom.


7 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.