-deur Charlene Aaron

Bron: cbn.com

9 Januarie 2020

Donderstorms bring verligting vir die brandbestryders wat die dodelike brande in Australië se droogtegeteisterde ooskus bestry. Owerhede het etlike Australiërs in hegtenis geneem weens moontlike brandstigting. Terwyl die vlamme tienduisende hektaar verteer, het Christene ’n oproep gedoen vir gebede.

Die reën het welkome verligting gebring vir Australiese gemeenskappe en brandweermanne wat die vernietigende brande bestry, maar die ongekende verwoesting duur voort.

Brande het meer as 32 000 vierkante myl (82 879.6 m2) vernietig. Volgens berigte is meer as 180 mense in hegtenis geneem vir moontlike brandstigting. Daar is 26 mense in die brande oorlede en daar word geskat dat ongeveer 500 miljoen diere in die brande dood is.

Meer as 2 000 huise het afgebrand en ondernemings is ook vernietig. Dit dra by tot die persoonlike en ekonomiese uitwerking van die tragedie.

Andrew Colvin, die hoof van die National Bushfire Recovery Agency, het gesê: “Van die mense het nie hulle huise verloor nie, maar het nou nêrens heen om te gaan vir werk nie. Hulle weet nie of hulle ’n volgende salaristjek gaan ontvang nie …”

In ’n video kan gesien word hoe brandbestryders in Nieu-Suid-Wallis van vreugde dans terwyl reën oor die gebied uitsak.

Intussen doen Christene oral in Australië ’n beroep op die res van die wêreld om te bid.

“Australië het jou gebede nodig […],” sê Luke Gibbons, ’n vrywilliger wat in die land werk. “Ons het die afgelope paar weke wonderbaarlike dinge sien gebeur danksy die gebede, en brandbestryders het gesê hulle het groot waardering vir die gebed.”

Klik hier om die volledige berig in Engels te lees cbn.com


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.