-deur Gigi Kotze en Donnelly McCleland

11 Julie 2019

Op 1 Julie 2019 het die staatskomitee, wat verantwoordelik is vir die wettiging van ongelisensieerde kerke in Egipte, 127 kerke en kerkverwante bedieningsgeboue oral in die land, goedgekeur. Dit bring die totaal van kerke en geaffilieerde geboue wat gewettig is, tot op 1 021 te staan – sedert die komitee in 2016 gestig is.

In September 2016 is ’n wet goedgekeur wat die wettiging van kerke bespoedig. Dit is gedoen omdat duisende kerke sonder ’n permit gebou is en hulle bang is hulle word deur die regering vervolg. Van die 3 730 kerke wat oorspronklik aansoek gedoen het, wag 2 709 steeds op lisensies. Dit is egter ’n belowende begin vir ’n land waar dit moeilik is vir Christene om staatsgoedkeuring te verkry en gevaar loop om deur die regering vervolg te word. Egipte se Christene word dikwels onderwerp aan geweld deur lede van die gemeenskap en verduur diskriminasie en ander vorme van vervolging deur die Islamitiese meerderheidsbevolking (86,7%). In die verlede was daar ’n aantal simboliese gebare teenoor Christene, maar daar is nie toe konkrete stappe geneem om te verseker dat die hoofoorsake van vervolging op plaaslike vlak, aandag geniet nie.

Egipte is tans die tuiste van die grootste Christen-gemeenskap in die Midde-Ooste (12,7% van die bevolking is belydende Christene). Die amptelike erkenning van hierdie kerkterreine is rede om te juig vir die Kerk in Egipte én vir ons, hulle broers en susters in die res van die wêreld.

Bid asseblief saam met ons vir verdere deurbrake vir die Kerk in Egipte.

“… en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.” (1 Korintiërs 12:26b)

Om die ‘Bid vir die Nasies’ PowerPoint af te laai, klik asseblief HIER, of op die foto hieronder.
Vir vorige gebedshulpbronne, besoek ons webwerf HIER.


Artikel verskaf deur INcontext International

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.