Deur Patrick Simons

Bron: cip.nl

6 Januarie 2020

’n Duitse joernalis wat gekant is teen aborsie, is in Berlyn bedreig. Die Christen-joernalis, Gunnar Schupelius, se motor is deur linkse ekstremiste aan die brand gesteek. Hy en sy gesin is ook gedreig. Schupelius is veral bekend vir sy prolewenstandpunt.

Nederlands Dagblad berig dat die joernalis se motor feitlik heeltemal uitgebrand het.

Schupelius het talle kere ’n beroep op mense gedoen om mee te doen aan die “March for Life”.

’n Radikale feministiese groep het verantwoordelikheid vir die aanval op Schupelius aanvaar. Dit is dieselfde groep wat teen die einde van Desember ’n aanval op ’n evangeliese kerk in Tübingen gedoen het. ’n Afleweringsvoertuig is toe voor ’n konferensiesentrum aan die brand gesteek. Die ingang van die kerksaal is ook met verf besmeer.

Berlynse kerkleiers het die aanval in ’n gesamentlike verklaring ten sterkste veroordeel.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.