Deur: Leon de Villiers ­­– ProjectSA nasionale koördineerder
Bron: Artikel verskaf

ProjectSa is ’n nasionale strategie vir Koninkrykstransformasie – ’n netwerk van nasiebouers wat verbind is tot ’n verenigde front om Suid-Afrika te herbou.

In baie dele van Suid-Afrika maak ProjectSA reeds goeie vordering. Die visie, om die nasie te transformeer deur hoop, genesing en herstel, is besig om veld te wen.

Die jongste gemeenskappe wat op die oproep in die Kaapprovinsie gereageer het, is Gansbaai, Hermanus, Clanwilliam, (WC) Middelburg en Cradock (EC). Die verandering wat hulle wil sien is: morele en ekonomiese transformasie, etiese leierskap, veilige gemeenskappe en om die geskiedenis te herskryf met wonderlike verhale wat besig is om te ontvou soos in Senekal (Vrystaat), Hollfontein (Mpumalanga), Sharpville (Gauteng).


Cradock-gemeenskapsaksies: Christo Blaauw (’n onderwyser van Cradock – links) en sy vriende het besluit om gebiede in hul gemeenskap te begin skoonmaak en om voedseltuine aan te lê om honger te bestry.

Die Gansbaai-gemeenskapsaktiveringsvergadering: tydens hierdie vergadering het gemeenskappe probleme en oplossings bespreek om die gemeenskappe in die Overberg-streek te verander. Daar sal begin word met Masakhane en Gansbaai. In hul eerste stap is ’n gemeenskapsfonds deur individuele huishoudings en sakeondernemings gestig.

Die Hermanus -Inligtingsgemeenskap: Pensioentrekkers uit verskillende korporatiewe agtergronde het by die NG Kerk vergader om ingelig te word oor hoe om ’n gemeenskapsforum te skep om die uitdagings in die groter gemeenskap aan te pak en deel te word van hierdie nasiebou-inisiatief.


Die Grootfontein Instituut vir Landbou-ontwikkeling: Die studente in die landbousektor word ingelig oor hoe hulle hongersnood met voedseltuine kan bestry.


Middelburg Oos-Kaap se aktiveringsvergadering: Tydens hierdie vergadering is ’n gemeenskapsforum gestig om te begin met die verskillende oplossings wat hierna sal volg, soos die bestryding van dwelmmisbruikwat lei tot misdaad, honger en sosiale en morele verval in die omgewing.

Vir meer inligting oor ProjectSA en hoe om betrokke te raak, besoek die webtuiste www.projectsa.solutions


4 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.