Bron: jwipn.com

11 Januarie 2020

Taste the Word 2020 is ’n inisiatief wat geloods is om Christene aan te moedig om by ’n wêreldwye groep aan te sluit wat die hele Bybel gedurende 2020 in stilte of hardop sal lees. Elkeen kan besluit waartoe hulle hul vir elke dag wil verbind.

Nooi jou familie, vriende of klein groepie om ook deel te neem aan hierdie inisiatief.

Daar is drie opsies vir leesplanne om van te kies:

Maklik tot intermediêre leesplanne

  • Lees 3-5 hoofstukke van die Bybel per dag om die Bybel binne ’n jaar (5 minute per dag) te voltooi.
  • Lees tien hoofstukke per dag om die Bybel binne 120 dae (30 – 45 minute per dag) te voltooi.

Radikale leesplanne

  • Lees 20 hoofstukke per dag om die Bybel binne 60 dae (1 uur, 30 minute per dag) te voltooi.
  • Lees 30-50 hoofstukke per dag om die Bybel binne 30 dae (2 – 3 uur per dag) te voltooi.
  • Lees die Bybel drie keer deur in een jaar en gebruik verskillende vertalings.
  • Lees die Bybel hardop.

Marathon Bybellees

  • Nooi jou vriende om vir een week die Bybel 24/7 saam met jou te lees. Elke individu neem verantwoordelikheid vir een of meer ure per dag.
  • Oorweeg dit om ’n marathon-Bybellees-sessie in die openbaar te doen! Op die plein, op ’n berg, by die strand, in ’n winkelsentrum.

(Opmerking: as jy sukkel om te lees, kan jy altyd 30 minute per dag na ’n Oudio Bybel luister.

HOE OM AAN TE SLUIT

Stuur ’n boodskap na theword@jwipn.com om as individu of as groep te registreer.

Laai die Telegram Messenger-toep (https://telegram.org/) op jou selfoon af en stuur ’n boodskap na +27827753793. Jy sal dan ’n “join group”-boodskap op die Telegram Messenger-toep ontvang. Of sluit aan met hierdie Telegram-skakel

“Totdat ek kom, moet jy jou daarop toelê om uit die Skrif voor te lees, te preek en onderrig te gee.” – 1 Timoteus 4:13

“Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond.” – Psalm 119:103

“So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.” – Jesaja 55:11

“Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.”  – Hebreërs 4:12


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.