Deur: Freedom of Religion South Africa (FOR SA)
Bron:  forsa.org.za 

Freedom of Religion South Africa (FOR SA) merk met ontsteltenis dat president Cyril Ramaphosa op 22 Oktober die omstrede Wysigingswetsontwerp op Burgerlike Verbintenisse onderteken het. Die wetsontwerp het onmiddellik van krag geword.

Die Wysigingswet verwyder die reg van huweliksbevestigers en landdroste wat in diens van die staat is om – op grond van hulle gewete, godsdiens en oortuiging wat in artikel 15 van die Grondwet verskans is – te weier om gay huwelike te voltrek. Die wysigingswet het versuim om dit met ’n wet te vervang wat aan grondwetlike standaarde voldoen.

In die lig van die ernstige kommer oor die grondwetlikheid van dié wetsontwerp, sowel as die openbare omstredenheid daaroor, het FOR SA ’n versoekskrif aan die president gerig om sy grondwetlike reg uit te oefen en die wet nie te onderteken nie, maar dit weer na die parlement vir heroorweging terug te verwys.

FOR SA het veral daarop gewys dat die wetsontwerp direk in stryd is met die aanbeveling van regter Sachs in die Fourie-saak toe huwelike van dieselfde geslag gewettig is en dit gelei het tot die Wet op Burgerlike Verbintenisse, 2007 (wat nou gewysig is). In sy uitspraak het regter Sachs aanbeveel dat huweliksbevestigers, wat in diens van die staat is en gewetensbesware het om huwelike tussen mense van dieselfde geslag te bevestig, se regte redelikerwys deur die staat geakkommodeer moet word. Die “gewetensbeswaarklousule” wat in artikel 6 van die Wet op Burgerlike Verbintenisse vervat is, was die parlement se reaksie op hierdie aanbeveling deur die konstitusionele hof. Dit is egter nou deur die Wysigingswet verwyder sonder om dit te vervang met ‘n ander wettige reëling vir huweliksbevestigers in diens van die staat wie se fundamentele regte nie nou gerespekteer en beskerm word nie.

Die wetsontwerp het ook baie openbare omstredenheid veroorsaak met baie talle regsakademici wat verskillende aspekte van die ongrondwetlikheid van die wetsontwerp uitgelig het en ook melding gemaak het van die versuim om ‘n manier te vind sodat alle fundamentele regte gerespekteer en beskerm word — soos vereis deur die Grondwet. (Lees byvoorbeeld hierhierhierhierhier en hier)

“Die Wysigingswet is drakonies omdat dit die staat die mag gee om mense te dwing om dinge te doen wat teen hul gewete indruis – en dít al is daar baie praktiese alternatiewe vir die staat beskikbaar ”, sê Daniela Ellerbeck, ‘n regsadviseur vir FOR SA. “Die konstitusionele hof het reeds beslis dat niemand voor die keuse gestel moet word om te moet kies tussen sy geloofsoortuigings (en moontlik ewige gevolge te ly as gevolg van ongehoorsaamheid) of die landswet te gehoorsaam (en moontlik sy werk te verloor as hy dit nie doen nie). Dit is gewetenloos dat die staat sy eie werknemers voor hierdie keuse stel. Hierdie wet is ‘n skending van elkeen se reg om volgens hul oortuigings te lewe.”

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Weekly Newsletter

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


Datum gepubliseer: 23/10/2020
Foto: Cyril Ramaphosa. ITU-foto’s van Genève, commons.wikimedia.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.