Bron: breakingchristiannews.com

President Joe Biden het Dinsdag by Amerikaners gepleit om hulle te laat inent en het ’n nuwe veldtog aangekondig om die entstof meer toeganklik te maak – insluitend om deur-tot-deur-besoeke en om by plekke van aanbidding aan te doen.

‘Nou moet ons van gemeenskap tot gemeenskap, van woonbuurt tot woonbuurt gaan – letterlik van deur-tot-deur by mense aanklop om sodat die oorblywende mense teen die virus beskerm kan word,” het pres. Biden gesê , berig Breaking Christian News.

Verontwaardigde reaksie

Talle Republikeinse wetgewers is woedend oor die Biden-regering se poging om hom op Amerikaners se persoonlike mediese besluite af te dwing.

Rep. Dan Crenshaw het Biden in sy twiet herinner dat die administrasie nie burgers se ouers is nie nie, maar net die regering. “Stel die entstof beskikbaar en laat mense vry wees om self te kies.”

Rep. Lauren Boebert het getwiet: “Die regering wil nou van deur tot deur gaan om druk op jou uit te oefen om ‘n “opsioneel”’ entstof te kry … Geen Amerikaner wat nie ingeënt wil word nie, moet gedwing word nie. Dit sluit die lede van ons weermag in … COVID-19 het lankal ’n mutasie van kommunisme geword.”’

Delta Variant

Die Delta-variant is tans die mees prominente vorm van die koronavirus en skep ’n kloof tussen die wat ingeënt is en die wat nie ingeënt is nie. Wetenskaplikes is van mening dat die variant ‘n groter bedreiging inhou vir die wat nie ingeënt is nie.

Die CDC-direkteur, Rochelle Walensky, het Donderdag gesê voorlopige gegewens wat die afgelope ses maande versamel is, het getoon dat 99,5% van die mense wat aan COVID-19 dood is, nie ingeënt is nie. “Dit is duidelik dat gemeenskappe waar mense nie ingeënt bly nie, gemeenskappe is wat kwesbaar bly,” het sy gesê.


9 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.