Bron: cbn.com

15 Januarie 2020

Die Franse president, Emmanuel Macron, is vandeesweek die gasheer vir verskeie Afrika-leiers in sy land met die doel om die stryd teen Islamitiese ekstremisme op die vasteland te bespreek.

Pres. Macron het gesê ISIS-terroriste in Afrika is die “grootste vyand omdat hulle die gevaarlikste bedreiging” is.

Die presidente van Mali, Burkina Faso, Tsjaad, Niger en Mauritanië het in die Franse hoofstad aangekom te midde van toenemende kommer dat radikale Moslems voortgaan om duisende mense, insluitend Christene, dood te maak.

Verlede week het Islamitiese ekstremiste minstens 89 mense in ‘n aanval in Niger vermoor. Dit was die dodelikste djihadistiese aanval in jare in die land.

Die Afrika-terreurgroep, Al Shabaab, het volgens berigte die afgelope 5 weke 25 Christene in Kenia vermoor. Volgens International Christian Concern is drie Christen-onderwysers Maandag deur die Somalies-gebaseerde terreurorganisasie Al Shabaab vermoor.

Benewens groepe wat aan Al-Kaïda verbonde is, wen ISIS ook oral op die kontinent veld.

President Macron het ’n beroep op die Verenigde State gedoen om die plaag van radikale Islam in Afrika dubbel so hard te beveg.

“As Amerika sou besluit om hom uit Afrika te onttrek, sal dit slegte nuus vir ons wees. Ek bevestig dit. Ek hoop dat ek president Trump kan oortuig dat die stryd teen terrorisme, waarin hy diep betrokke is, ook in hierdie streek ter sprake is,” het Macron gesê.

“As ons een van hierdie gebiede op militêre en diplomatiek-politieke vlak verloor, het ons rede tot kommer oor die verspreiding van terrorisme en oor die broosheid van verskeie van die state in terme van hulle soewereiniteit,” het hy gesê.

Macron glo ISIS is tans die gevaarlikste terreurgroep in Afrika.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.