Bron: faithwire.com

“Ons nader ’n situasie waar ons, ter beskerming van die gesondheidstelsel, mense wat nie ingeënt is nie, gaan uitsluit. As jy die keuse maak om nie ingeënt te word nie, maak jy die verkeerde keuse.” – Daniel Andrews, premier van Victoria, Australië

Die premier van Victoria, Australië, het Sondag gewaarsku dat burgers wat nie ingeënt is nie, moontlik “uitgesluit” sal word om aan die ekonomie deel te neem sodra die staat sy inentingsdoelwit bereik het om die inperking op te hef.

Volgens die berig van faithwire.com het premier Andrews die volgende gesê: “As ons naby aan by die [70 en 80%] dubbelinentingsrempel kom, is die idee om die hele gemeenskap uit te sluit minder relevant. Wat ’n groter deel van ons reaksie sal word, is ’n uitsluiting van dié wat nie ingeënt is nie by talle plekke,” het hy voortgegaan. “Ek gaan nie die hele staat inperk om mense te beskerm wat hulleself nie wil beskerm nie. As jy nie ingeënt is nie – wanneer jy dit wel kon doen – is die kanse baie skraal dat jy ’n kaartjie vir ’n sportbyeenkoms sal kan bespreek of by ’n kroeg toegelaat sal word.”

Die premier het gesê dat die beleid geïmplementeer sal word om die staat se gesondheidsorgstelsel te “beskerm” en ’n “ingeënte ekonomie” te vestig.

Lees die volledige berig by faithwire.com


9 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.