22 Augustus 2019

Dit blyk dat dit nie net Christene in Suid-Afrika is wat ‘n stryd voer om hulle kinders te beskerm teen die agenda van liberale seksvoorligting wat indruis teen Christelike sedes en die Bybelse wêreldbeskouing nie.

Die Poolse Biskoppekonferensie het ouers aangeraai om hul kinders te deregistreer vir seksvoorligting op skool wanneer dit “nie met die gesin se waardestelsel ooreenstem nie,” berig die Nederlands Dagblad.

Die biskoppe is hoofsaaklik gekant teen die voorligting oor “diskriminasie”, wat inligting oor LGBTQ-leefstyl behels.

Die biskoppekonferensie het ‘n dokument op sy webtuiste beskikbaar gestel wat ouers in staat stel om hul kind vir seksvoorligting te deregistreer.

In Suid-Afrika beplan die department van basiese onderwys om die CSE kurrikulum volgende jaar in Suid-Afrikaanse skole te implementer.


Bron: nd.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.