-deur Barnabas Fund

Artikelbron: barnabasfund.org

8 November 2019

 

Die Hongaarse premier, Viktor Orban, en die Russiese president, Vladimir Poetin, het die Midde-Ooste as die ‘wieg van die Christendom’ beskryf toe die twee op 30 Oktober met Midde-Oosterse kerkleiers vergader het.

Pres. Poetin het sy kommer uitgespreek oor die “massa-uittog” van Christene uit streke in die Midde-Ooste en het belowe dat Rusland “alles sal doen” om die Christene te beskerm wat “in gevaar is en vervolging, dood, verkragting en berowing moet trotseer”.

Orban het tydens die vergadering bevestig dat Hongarye ’n “internasionale alliansie” wil instel om Christene en ander minderheidsgelowe wat vervolging ondervind, te help.

Christene in die Midde-Ooste verduur ernstige vervolging en gewelddadige konflik. Mor Ignatius Aphrem II van die Siriese Ortodokse Kerk het gesê: “Ons voel baie keer dat ons as Christene van die Midde-Ooste vergete is. Ons voel dat ons geen vriende het nie. Dat niemand hulle oor ons ontferm nie.”

In 2016 het Hongarye ’n departement opgerig wat fokus op die lot van vervolgde Christene in die Midde-Ooste na ’n vroeëre ontmoeting tussen Orban en kerkleiers, waaronder ook eerw. Aphrem. Die Russiese standpunt behoort ook die pogings te versterk om hierdie lydende Christene te ondersteun. Barnabas Fund het via eerw. Aphrem se kantoor en ander projekvennote talle projekte vir Christene in Sirië gesteun, insluitend voedingsprogramme en noodleningsbystand na gewelddadige aanvalle.

Foto: Eerste Minister Viktor Orban en president Vladimir Poetin belowe om die vervolgde Christene in die Midde-Ooste te help


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.