Deur: Lourieke Haller

Hoewel ons as Christene eerstens burgers van God se Koninkryk is en dit ons primêre identiteit is, het ons elkeen egter ook ’n stamboom, ’n taal, ’n kultuur wat ook deel vorm van ons aardse identiteit. Dit is goed om soms herinner te word aan ons wortels en die mense wat ons voorgegaan het se geloof, deursettingsvermoë en nalatenskap.

Met Erfenisdag om die draai, herinner ons julle graag aan Pioniers van Ons Geloof, ’n boek wat ’n greep uit ons geskiedenis is en ons herinner aan die dapperheid van Wolraad Woltemade, die vasberadenheid van ’n Emily Hobhouse, die geloof van ’n generaal De la Rey en die moed van ’n generaal De Wet.

Dit is kosbaar en belangrik om erkenning aan ’n mens se eie herkoms en identiteit te gee – iets wat sommige van ons kinders en kleinkinders dalk al vergeet het. Die boek sluit die verhale van die vroeë sendelinge in soos Georg Schmidt, wat die eerste sendeling was wat na Suid-Afrika gestuur is om die Goeie Nuus van die Evangelie hier te verkondig.

Van die Boereleiers van ouds word uitgelig, veral dié wat ’n getuienis van ’n diepe geloof gehad het en in wie se lewe daardie geloof ook in hulle lewe en dade weerspieël is.
Daar word ook interessante feite verskaf oor van die oudste en geskiedkundige dorpe van Suid-Afrika.

Skaf gerus die boek aan om hierdie helde aan ’n jonger geslag bekend te stel wat dalk nog nooit van hierdie deel van ons geskiedenis gehoor het nie.

“Die koningskap behoort aan die Here; Hy heers oor die volke … ja, alle mense, sterflik en verganklik, sal voor Hom kniel. Die nageslag sal Hom dien, en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag.” – Psalm 22:24-31

Die boek kan bestel word by www.pioniers.co.za of kontak info@pioniers.co.za


14 September 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org