22 Mei 2019

Die Daystar-televisiestasie is pas opgeknap en volledig toegerus, maar Saterdagoggend het ’n brandstigter ’n petrolbom na binne gegooi. Die gebou van die Christelike televisiestasie het bykans heeltemal afgebrand, berig CBN News.

Dave Sharett van Daystar beskryf die skade: “Ons het die studie gemaklik toegerus soos in ’n woonkamer. Alles was nuut en gerieflik. Mooi stoele, koffietafeltjies en dergelike meubels. Daar het niks van oorgebly nie. Wat nie verbrand het nie, het gesmelt,” vertel Dave.

Tog glo Dave dat God steeds werk, ondanks die teenslag. “Ek glo dat God ’n doel en plan met alles het. In ieder geval sal Hy ons dra deur dít wat hier gebeur het. Daar sal ’n opwekking plaasvind uit die as tot eer en verheerliking van God,” het Sharett vol vertroue gesê.


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.