Geskryf deur: FOR SA
Bron: forsa.org.za

Hierdie is die eerste artikel in ons reeks oor die PEPUDA Wysigingswetontwerp (“die Wysigingswetsontwerp”) en die moontlike nadelige en verreikende gevolge daarvan vir godsdiensvryheid in Suid-Afrika, indien dit in die huidige vorm in die wet opgeneem word.

PEPUDA is ’n afkorting vir Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act (die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie) en staan ​​ook bekend as die “Gelykheidswet”. Dit is in 2000 in wetgewing opgeneem om artikel 9 van die Suid-Afrikaanse Grondwet tande te gee en verbied onbillike diskriminasie oor ’n wye verskeidenheid kategorieë verbied – insluitend “haatspraak”. PEPUDA word slegs deur die Grondwet getroef en is die belangrikste stuk Suid-Afrikaanse wetgewing. Alle ander wetgewing en regulasies wat deur die Staat aangeneem word, moet aan die bepalings wat in hierdie wet vervat is, voldoen.

Nadat Freedom of Religion South Africa (FOR SA) hierdie voorgestelde wysigingswetgewing deeglik nagegaan het, betwyfe hy dit glad nie dat dit die omvang en reikwydte van die oorspronklike wet dramaties uitbrei. Dit verteenwoordig dus die mees wesenlike bedreiging vir godsdiensvryheid spesifiek – en vir vryheid in die algemeen – waarmee ons te make gehad het sedert Suid-Afrika in 1994 ’n demokrasie geword het.

Ons kommer het toegeneem weens die departement van justisie se weiering om ’n algemene verlenging van 12 Mei 2021 toe te staan, omdat “die departement hierdie saak dringend moet hanteer.” Hoewel hulle ingestem het om skriftelike voorleggings tot 30 Junie 2021 te aanvaar. Waarom is hierdie saak so dringend? En waarom die haas om dit deur te druk?

Dit is opmerklik dat hoewel die Grondwet nie ’n hiërargie van regte daarstel nie en dat alle menseregte dus ewe beskermend is, is dit dikwels mense wat godsdienstige of konserwatiewe waardes uitdruk en uitleef wat hule in die visier van hierdie wet bevind. PEPUDA word gereeld deur aktiviste gebruik wat onregverdige diskriminasie-eise by hoofstuk 9-instellings soos die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) en die Kommissie vir Geslagsgelykheid (CGE) indien en druk op hierdie staatsinstellings plaas om namens hulle die saak aanhangig te maak en belastingbetalers se geld daarvoor te gebruik.

Een van FOR SA se vele bekommernisse oor die PEPUDA-wysigingswetsontwerp is klousule 6, wat lui dat “regshulp verleen [kan] word aan persone wat ingevolge hierdie wet ’n saak aanhangig wil maak.”’ Dit sal sekerlik hierdie problematiese situasie, wat reeds bevooroordeeld en diskriminerend is, beslis vererger, aangesien diegene teen wie die regsgeding ingestel word, nie anders kan as om die groot koste vir hul eie regsverdediging te betaal nie.

Aangesien die bestaande wet betekenisvolle en wesenlike beskerming bied teen alle vorme van onbillike diskriminasie, wil FOR SA weet waarom hierdie wetsontwerp hoegenaamd ingestel is? Dit is nie net onnodig nie, maar as dit in sy geheel beskou word, brei dit die omvang van die wet tot so ’n mate uit dat dit neerkom op die instelling van ideologiese waardes wat sedert die Apartheidsera nie gesien is nie.

OPROEP TOT AKSIE:

Dit is duidelik dat hierdie wetsontwerp ingrypende gevolge het vir ons godsdiensregte in Suid-Afrika en dat ons dit moet teenstaan. FOR SA doen ’n beroep op elke individu en elke kerkgenootskap, kerk en ander geloofsorganisasies om hul stem te laat hoor oor hierdie wetsontwerp deur voor Vrydag, 30 Junie 2021 ’n voorlegging aan die departement van justisie te lewer. (Hoewel die sperdatum reeds 12 Mei 2021 was, het die departement aan FOR SA aangedui dat hulle voorleggings tot 30 Junie 2021 sal aanvaar).

n Voorbeeld van so ‘n voorlegging (vir individue asook vir organisasies) is beskikbaar op die FOR SA-webwerf. Dit kan gebruiik word soos dit is of aangepas word en moet per e-pos gestuur word na fbhayat@justice.gov.za

Vir meer artikels soos hierdie wat verduidelik waaroor die PEPUDA-wysigingswetsontwerp gaan en waarom dit so ‘n groot bedreiging vir godsdiensvryheid is, besoek ons ​​webwerf by www.forsa.org.za of volg ons op Facebook by “Freedom of Religion SA” .

Deel hierdie artikel asb wyd en syd, sodat ons ons stem dik kan maak teen hierdie onnodige en ongrondwetlike regeringsaksie in ons lewens!


8 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.