Deur dr. Pearl Kupe

Patriargie word gedefinieer as ’n stelsel van die samelewing of die regering waarin mans die mag het en vroue grootliks daarvan uitgesluit word. Waar patriargie geld, word vroue nie net uitgesluit van deelname aan die samelewing nie, hulle word ook verneder, ondermyn, mishandel en onderdruk. (Patriargie is die bose tweeling van feminisme. Hoewel feminisme gedefinieer word as “vrouebemagtiging”, het dit ’n duistere agenda wat rebellie aanhits en verdeeldheid binne die gesin veroorsaak.) Goddelose tradisies en kulture dryf gewoonlik patriargale sienings. Interessant genoeg versterk vroue self sommige patriargale sienings deur hoe hulle hul seuns grootmaak. Hoe ons ons seuns sosialiseer, onderrig, oplei en opvoed, sal bepaal of hulle liefdevolle en beskermende vaders sal wees of mans wat vroue mishandel en ’n onderdrukkende patriargale rol inneem. Kom ons voed ons kinders in ooreenstemming met Spreuke 22:6 op!

Feminisme is net so erg soos patriargie
Die gesin is die primêre basiese eenheid wat God daargestel het om saam te funksioneer vir Koninkryks-
doeleindes. Patriargie én feminisme is vyande van die gesinseenheid. Hoewel feminisme as “geslagsgelykheid” bevorder word, was baie van die stigters en voorstanders van feminisme meestal verwonde, verbitter-de vroue wat wou sorg dat mans verneder en neergehaal word. Dié vroue was ook die vernaamste voorstanders van die aborsiebeweging, waarvolgens ’n vrou se reg op haar eie liggaam voorrang geniet bo dié van ’n onskuldige en kwesbare baba se reg om gebore te word. Patriargie en feminisme het ’n inherente haat en vyandigheid teenoor die teenoorgestelde geslag en begeer dat die ander geslag neergehaal moet word.

Vaderskap of patriargie?
Die herstel van gesinne en vaders is van kritieke belang vir die genesing van die nasie. Die probleem met geweld teen vroue wat ons tans in die gesig staar, sal net tot ’n einde kom wanneer vaders – nie patriargale mans nie – aan die hoof van huishoudings staan. Vaderskap is ’n baie belangrike Bybelse begrip en moet nooit met patriargie verwar word nie. Suid-Afrika, met sy miljoene vaderlose kinders, het ’n desperate behoefte aan vaders.

Wat is werklik nodig?
President Cyril Ramaphosa het in Januarie 2022 nuwe wetgewing onderteken wat daarop gemik is om geweld teen vroue te beëindig. Om wette te verander kan ’n baie beperkte uitwerking hê. Wat werklik noodsaaklik is, is ’n verandering van ingesteldhede en denke. Slegs die Kerk kan deur God en die toepassing van Sy Woord ’n geslag mans, wat moontlik negatief beïnvloed is deur patriargale waardes en beginsels, help om te verander. Sodra vaders toegerus is en hulle hul regmatige plek in die gesin inneem as voorsieners en beskermers – nie net vir hulle kinders nie, maar ook vir hulle vrouens – sal Suid-Afrika sy Koninkryksagenda in Jesus vervul.

Versoening van die geslagte
Nóg patriargie nóg feminisme is die antwoord vir ons samelewing se uitdagings. Die Bybel sê dat beide die man en die vrou na Sy beeld geskape is, geseën en ’n mandaat gegee is. Die korrekte Bybelse en Koninkryksbenadering is dat daar ’n versoening tussen die manlike en vroulike geslag sal wees, waar nie een van die twee geslagte bo die ander bevorder of bemagtig word nie.

Mans op die regte spoor
Ek is bevoorreg om reeds baie jare lank bande te hê met ’n wonderlike beweging bekend as Men on track, wat mans gereeld byeenbring vir kameraderie, aanmoediging en mentorskap. Die beweging is tans aktief in sewe van die nege Suid-Afrikaanse provinsies. Vir meer inligting, kontak vir biskop Tumo Isaac Mthimkulu (menontracksa@gmail.com).

DR. PEARL KUPE – prokureur en konsultant vir wêreldleiers/internasionale organisasies. Sy is die internasionale president van die Global Forum for Women Entrepreneurs. E-pos haar by pearl.kupe@gmail.com of besoek pearlkupe.co.za


24 September 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org