Bron: cbn.com

David Yonggi Cho, die pastoor van die grootste megakerk ter wêreld, is Dinsdagoggend oorlede, het sy kerk in ’n persverklaring gesê. Hy was 85.

Cho is die stigter van die Yoido Volle Evangelie Kerk in Seoul, Suid -Korea met ’n lidmaatskap van 750 000 (in 2007) en het dekades lank die Evangelie in daardie land verkondig.

“Al wat ek gedoen het, was om my lewe aan te bied, net soos die seuntjie wat die vyf brode en twee visse gegee het … ek het eenvoudig vasgehou aan die drome wat die Here vir my gegee het. Dit was Hy wat die Yoido Full Gospel Church tot 750 000 lidmate laat groei het, ” het Cho in ’n verklaring gesê.

Cho het as 17-jarige Boeddhis tot bekering gekom nadat hy met tuberkulose gediagnoseer is en meegedeel is dat hy sou sterf. Cho gee erkenning aan God vir sy “wonderbaarlike” herstel van die siekte.

“Ek sal nooit God se seën en genade oor my lewe vergeet nie. Hy het my gekies om sy dienaar te wees toe ek maar ’n onbeduidende kind met longsiekte was en Hy het my deur sy genade en Jesus se versoening van die kruis gered sodat ek deur gebed wysheid kan ontvang en met die inspirasie van die Heilige Gees preek waar Hy my ook al geplaas het,” het Cho in ’n verklaring op sy kerk se webtuiste geskryf.

Cho het meer as 44 jaar bestee om klem te lê op hoe belang selgroepbediening is. Dit is volgens hom die sleutel tot kerkgroei sowel om as ’n span saam te bedien. Hy het ook verskeie boeke geskryf, ‘n Christelike dagblad gestig en ’n humanitêre organisasie, Elim Welfare Town gestig – ’n fasiliteit vir bejaardes, jongmense, haweloses en werkloses.

In November 1976 het hy Church Growth International gestig – ’n organisasie wat toegewyd is om die beginsels van evangelisasie en kerkgroei aan predikante oor die hele wêreld te leer.

Hy was voorsitter van die World Assemblies of God Fellowship van 1992 tot 2000.


15 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.