Bron: CBN News

Pastoor Russ Smethers is een aand in Maart 21 keer met ’n mes gesteek. Hy het beserings aan sy nek, kop, arm en bors opgedoen. Nogtans het die predikant die aanvaller direk na die aanval vergewe. “God het my lewe beskerm en deur hierdie hele proses ’n beter mens gemaak,” het die leraar aan CBN News gesê.

“Ek het hom dieselfde aand vergewe terwyl ek in noodgevalle was. ’n Mens moet dit doen, jy kan nie toelaat dat so iets jou verhinder om met jou lewe aan te gaan nie. ’n Negatiewe ingesteldheid gaan jou nie help nie, dit besoedel jou liggaam soos ’n virus. Natuurlik kan ’n mens dit nie vergeet nie, maar jy moet vergewe,” het die predikant gesê.

Hy vervolg: “God het die aand met my gepraat en gesê: ‘Jy gaan nou deur ’n moeilike tyd, maar jy het nie gesterf nie.’ Dit het my gehelp; God het my deurgehelp. Alle eer aan Hom. God het dit nie aan my gedoen nie. Dit was die man se vrye wil om my te steek,” sê Smethers, wat bly is dat die aanvaller, wat met sielkundige probleme het, nou in ’n “veilige omgewing” gehelp kan word.


26 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.