-deur Patrick Simons

22 Augustus 2019

Nog ‘n predikant in Meksiko het ‘n gewelddadige dood gesterf. Alfrery Líctor Crus Vanseco is doodgeskiet terwyl hy besig was om ‘n erediens te lei.

Die pastoor het op die kansel gestaan ​​tydens ’n diens in die Fraternidad Cristina-kerk in Oaxaca, ’n stad in die suide van Meksiko. Die aanvaller het die pastoor genader en op ‘n kort afstand op hom losgebrand en hom doodgeskiet.

Die man het daarna probeer ontsnap, maar is deur verskeie kerklidmate gestuit. Hulle het daarna die aanvaller aan die owerhede oorhandig berig Christian Solidarity Worldwide.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie, maar dié moord is geen uitsondering nie. Oor die afgelopoe paar jaar het Meksiko te doen met buitensporige geweld teen leraars en kerkleiers. Die land, wat deur kriminele bendes geteister word, gaan gebuk onder ‘n kultuur van geweld.

Die bendes beskou kerkleiers egter as ‘n bedreiging vir hul magsposisie en gebruik daarom ’n buitensporige geweld teen die Christelike leiers.


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.